Butlers Place
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R800 skoonmaakfooi per bespreking.
Prys sluit in
- Seflsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1500 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
'm Terugbetaalbare deposito van R1500 word vereis en sal binne 5 dae terugbetaal word na 'n inspeksie indien daar geen skade is nie.
DStv is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Let wel dat rook streng verbode is in die huis en dat dit beboet kan word.
'n Eenmalige skoonmaakfooi van R300 is ook betaalbaar voor aankoms.
Let asb. dat rook streng verbode is binnenshuis en boetes sal gehef word sonder enige uitsondering.
Die volgende is van toepassing op alle gaste:
1. Partytjies: Weens die feit dat Fleur Park 'n residensiële kompleks is word geen partytjies van enige soort toegelaat nie.
2. Spoedgrens: In Fleur Park is die spoedgrens 15 km/h. Bly op die uitkyk vir kinders.
3. Karavane, tente, draagbare swembaddens, motorfietse, vierwielmotorfietse, busse en bote word nie toegelaat nie.
4. Huurders: Die aantal gaste per chalet ten tyde van bespreking moet by gehou word! Enige persoon ouer as 3 word as 'n gas getel.
a. 'n Maksimum van 6 gaste per tweeslaapkamerhuis en
b. 'n Maksimum van 8 gaste per drieslaapkamerhuis of groter.
c. Geen dagbesoekers word toegelaat tensy dit vooraf so gereël is nie.
5. Reëls: Algemene munisipale reëls en regulasies is van toepassing binne Fleur Park.
6. Drankgebruik: Gaste mag nie alkohol gebruik in die strate, op die grasperke, in motors of op die strand voor Fleur Park nie.
7. Skade: Gaste sal verantwoordelik gehou word vir die volledige betaling van enige skade wat aangerig word aan die algemene eiendom van Fleur Park en/of die privaat huise en sal afgetrek word van die breekskadedeposito. Indien die volledige breekskadedeposito nie die betrokke skade dek nie, sal gaste self reëlings moet tref om die uitstaande balans te betaal.
8. Geraas: Harde musiek, buitensporige geraas, drankmisbruik en dwelmmisbruik word nie toegelaat nie. Geen geraas tussen 23:00 en 09:00 nie. Gaste mag nie musiek uit hul motors speel nie. Wees asb. bedagsaam teenoor die bure te alle tye en moenie hard praat, skree of harde musiek speel nie.
9. Strandtoegang: Maak asb. gebruik van die toegangspad na die strand en moenie oor huiseienaars se stoepe stap nie.
10. Vure: Word slegs in aangewese braai-areas toegelaat.
11. Troeteldiere: Troeteldiere word nie in Fleur Park toegealaat nie.
12. Parkeer/Bestuur: Slegs 2 voertuie per chalet word toegelaat. Indien gaste met meer as 2 voertuie ry, moet dit asb. in die aangewese area parkeer word soos aangewys deur die agent. Voertuie moet onder motorafdakke, hellings en in areas parkeer word waar dit nie ander gaste of inwoners blok nie. Gaste mag nie tussen die huise of oor die grasperke ry nie.
13. Vullis: Moet asb. nie skulpe/klippe/gruis/bene op die gras gooi of los nie.
14. Geen balspeletjies word tussen die huise of geparkeerde motors toegelaat nie.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Breakwater-laan, Fleur Park 53, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang