Cabana Mio Holiday Apartments
Beskrywing
Elke duplekswoonstel bied verblyf aan tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Op die boonste verdieping is die beddens en badkamers. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Hierdie kamer het deure wat na die balkon lei. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n bad, toilet en wasbak het. Op die onderste verdieping is die kombuis, eetarea en sitarea, sowel as ’n gastetoilet. Die kombuis is met ’n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en toonbank met stoeltjies toegerus. Die eetarea het ’n etenstafel met 6 sitplekke. Die sitarea het lugversorging en ’n TV met sekere DStv-kanale. Elke eenheid het ’n privaat balkon met ’n ingeboude braai, soliede betonmeubels en ’n paar plastiekstoele. Daar is ook ’n stort om af te spoel na ’n dag by die strand.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
- •Nie rook
- •Patio
- •Privaat ingang
Badkamer
- •Bad
- •Stort
Kamergeriewe
- •Lugversorging
- •Eetkamer
- •Waaier
- •Sitkamer
Elektriese Toebehore
- •Yskas
- •Mikrogolfoond
- •Oond
- •Stoof
Vermaak
- •Eksklusiewe dstv
- •Tv
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Daar is ’n oordfooi van R200 per week en ’n terugbetaalbare breekskadedeposito van R750.
Gaste moet hul eie swem- en strandhanddoeke saambring.
Kinders van enige ouderdom is welkom, maar slegs kinders onder 10 mag in die sitarea slaap. ’n Maksimum van 2 kinders word toegelaat.
Ongelukkig word troeteldiere nie op die eiendom toegelaat nie.
Rook in die woonstelle is verbode. Al die woonstelle het balkonne, verandas en tuine waar daar gerook kan word.
Dit is ’n voorwaarde van die besigheidslisensie wat aan Cabana Mio uitgereik is, dat harde musiek nie op die perseel toegelaat word nie. Gaste moet asb. hul bure en die buurt respelteer en nie harde musiek speel wat daartoe kan lei dat die bure ’n klag lê oor die geraas, optrede of ingesteldheid van gaste nie.
Die eiendom word in gaste se sorg gelos vir die duur van hul verblyf. Dit sal skoon en in ’n werkende toestand aan gaste oorhandig word en daar word versoek dat die bates beskerm word en dat enige skade gemeld sal word. Respekteer asb. die eiendom en die gebruik van die toestelle en toebehore. Indien gaste hulp nodig het om met die toestelle te werk, bel asb. die eienaars. Wees asb. versigtig wanneer daar op die eiendom gebly word. Gaste is verantwoordelik vir enige skade of breekskade wat aan die verblyf of die besittings in die verblyf berokken word. Daar word nie normaalweg ’n bedrag vir klein skade gehef nie, maar daar mag dalk ’n faktuur gestuur word vir regmaak of vervanging indien die skade of breek beduidend is. Daar mag dalk ’n ekstra fooi van R250 wees, indien skade nie aangemeld word nie.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 42 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-weg 159, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang