Cabin16 @Riviera Wharf
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Cabin16 @Riviera Wharf is 'n eenslaapkamer-selfsorg-eenheid op die grondverdieping van die Riviera Wharf Hotel Hartenbos, op die oewer van die Hartenbosrivier. Daar is 'n kragopwekker wat outomaties aanskakel wanneer kragonderbrekings plaasvind. Die ATKV-amfiteater is ook naby geleë.
Dié moderne woonstel bied slaapplek aan 4 gaste. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n spieëltafel en baie kasspasie vir bagasie. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.
Daar is lugversorging in die oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, lugbraaier, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër, 'n toonbank en eetkamertafeltjie.
Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n gemaklike L-vormige rusbank, en 'n uitvou-dubbelslaapbank vir 2 ekstra gaste. Ander geriewe sluit 'n grootskerm-TV met die volle DStv-pakket en beperkte WiFi in. Die WiFi werk nie altyd tydens beurtkrag nie, maar die ligte, geyser en TV bly wel aan.
Die stoep het buitesitplek waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet, en dit lei na ingeboude braaigeriewe waar gaste kan ontspan. Gaste het ook toegang tot die swembad op die perseel. Die restaurant en dameskroeg in die hotel verskaf heerlike maaltye.
Veilige, gratis en aangewese parkeerplek onder 'n skadunet is op die perseel beskikbaar.
Die strand is ongeveer 300 m van die eenheid af en die waterpark en pretparke is ook stapafstand ver.
Let asb. daarop dat dat die WiFi en elektrisiteit per dag heeltemaal genoeg vir normale daaglikse gebruik is. Dit word egter beperk en indien gaste meer as die bedrag benodig, dit self opgelaai kan word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Derick & Renate Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Cabin16 @Riviera Wharf het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang