Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cabin16 @Riviera Wharf

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cabin16 @Riviera Wharf is 'n eenslaapkamer-selfsorg-eenheid op die grondverdieping van die Riviera Wharf Hotel Hartenbos, op die oewer van die Hartenbosrivier. Daar is 'n kragopwekker wat outomaties aanskakel wanneer kragonderbrekings plaasvind. Die ATKV-amfiteater is ook naby geleë.

Dié moderne woonstel bied slaapplek aan 4 gaste. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n spieëltafel en baie kasspasie vir bagasie. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

Daar is lugversorging in die oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër, 'n toonbank en eetkamertafeltjie.

Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n gemaklike L-vormige rusbank, en 'n uitvou-dubbelslaapbank vir 2 ekstra gaste. Lugbraaier. Ander geriewe sluit 'n grootskerm-TV met die volle DStv-pakket en beperkte WiFi in. Die WiFi werk nie altyd tydens beurtkrag nie, maar die ligte, geyser en TV bly wel aan.

Die stoep het buitesitplek waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet, en dit lei na ingeboude braaigeriewe waar gaste kan ontspan. Gaste het ook toegang tot die swembad op die perseel. Die restaurant en dameskroeg in die hotel verskaf heerlike maaltye.

Veilige, gratis en aangewese parkeerplek onder 'n skadunet is op die perseel beskikbaar.

Die strand is ongeveer 300 m van die eenheid af en die waterpark en pretparke is ook stapafstand ver.

Let asb. daarop dat dat die WiFi en elektrisiteit per dag heeltemaal genoeg vir normale daaglikse gebruik is. Dit word egter beperk en indien gaste meer as die bedrag benodig, dit self opgelaai kan word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Dirk U
Saam met lewensmaat
5.0
Cabin 16 is super star status. Ons het baie lekker gebly by Cabin 16. Alles en nog meer was daar gewees. Cabin 16 is 'n juweel van 'n plek om in te bl...
Sien meer
Nov 2024
Susette L
5.0
Was heerlik gewees! Eenheid is baie goed toegerus. Pragtige dekor. Baie lekker opset omdat gaste hotel se swembad en restaurant kan gebruik met heerli...
Sien meer
Feb 2024
Odette D
5.0
Heerlik. Ona het dit baie geniet. Het alles wat jy nodig het in 'n woonstel. Lieflik by die swembad en stunning view.
Nov 2023
Chrisna C
Gesin met tieners
5.0
Gerieflik, netjies en word sterk aanbeveel. Die eenheid het alles gehad waaraan ons kon dink. Die eienares is vreeslik gaaf en behulpsaam. Die WiFi-se...
Sien meer
Sep 2023
Candy O
Gesin met klein kinders
5.0
Home from home. Had a great stay, loved the unit.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Derick & Renate Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cabin16 @Riviera Wharf het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbd43b9dda899d35582637028a9c7efc41a86f46eec9348b21d01005aabb1eb6b0bb7a6bb5ca643af638b8933039cea4d9700?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 22 5 1 5 133 Port Natal Road Riviera Wharf 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1183929 22.1181716

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang