Call of the Fish Eagle
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Kry 15% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 2-lede.
Nie geldig vir verblyf vanaf: 02 Dec 2024 tot 31 Dec 2024 en 01 Jan 2025 to 30 Jan 2025.
Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Jan 2025 tot 19 Mrt 2025.
Kry 10% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 1-lede.
Nie geldig vir verblyf vanaf: 02 Dec 2024 tot 31 Dec 2024 en 01 Jan 2025 to 30 Jan 2025.
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
- Gaste mag nie tussen 18:00 en 06:00 in die strate fietsry of stap nie.
- Voer die diere slegs die pille wat jy by die bossentrum kry en moet hulle nie met die hand voer nie.
- Geraas word nie na 18:00 toegelaat nie. Geraasklagtes kan tot 'n boete lei. 'n Waarskuwing sal deur die sekuriteit, eienaar of opsigter uitgereik word. Die tweede waarskuwing sal tot 'n onmiddellike uitsetting sonder 'n terugbetaling lei.
- Gaste mag nie die bobbejane voer of aanhits nie.
- Neem asb. jou vullis na die vullishoop by die park se ingang voordat jy vertrek.
- Ekstra gaste wat nie deel van die bespreking vorm nie, word nie toegelaat nie.
- Gaste moet die huis asb. in dieselfde, skoon toestand los as waarin hulle dit met aankoms gevind het.
- Daar kan kragonderbrekings of beurktrag tydens die verblyf wees. Die eenheid het 'n gasstoof, gasgeisers, en waaiers en ligte wat met batterye werk. As die krag afgaan, sal die bedlampies en staanlampe aan bly. Gaste is welkom om in hierdie tyd die skuifdeur oop te maak en die sluitbare gaasdeur vir sekuriteit toe te maak.
- Daar is gasgeisers op die eiendom. Stel asb. die eienaar onmiddellik in kennis as die water nie warm word nie, sodat hierdie gassiliners vervang kan word.
- Laat ook asb. die eienaar weet as daar nie water is nie. In so 'n geval het die munisipaliteit die water afgesit. Daar is egter JoJo-tenke op die perseel wat in sulke tye oopgedraai kan word sodat die huis water kan hê.
- Indien gaste ekstra skoonmaakdienste benodig, moet dit asb. vooraf met die eienaar gereël word. Die koste is vir gaste se eie rekening.
- Vure moet asb. geblus word voor gaste die huis verlaat. Wanneer die wind baie waai, word vure nie toegelaat nie. Kerse word nie op die perseel toegelaat nie.
- Gaste moet asb. seker maak die deure en vensters is toe en die alarm geaktiveer elke keer wanneer hulle die perseel verlaat.
- Hulle moet ook asb. seker maak die lugversorging is af wanneer hulle die perseel verlaat.
- Troeteldiere word nie toegelaat nie.
- Rook word slegs by die braai toegelaat en nie in die huis nie. Moenie sigaretstompies in die bos gooi of tussen die dekplante indruk nie. Dit is 'n brandrisiko.
- Gaste moet hulle dokter voor aankoms raadpleeg, aangesien dit 'n malariastreek is.
- Die sonkrag sal in die geval van beurtkrag inskop.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wielewaallaan 2354, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang