Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Canas

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Malgasstraat 6, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Canas is in Langebaan geleë, minder as 1 km vanaf die pragtige Langebaan-strandmeer. Gerieflike verblyf word in 6 aparte selfsorgwoonstelle gebied.

Drie van die woonstelle is oopplan-kamers met kombuisies en en suite-badkamers. Elke kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, induksieplaat, ketel, broodrooster en die nodige breekware/eetgerei/toebehore. Elke woonstel het 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en stort.

Canas 3 is 'n tweeslaapkamerwoonstel met slaapplek vir 4 mense. Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer met 'n stort en oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof, skottelgoedwasser en 'n ketel en broodrooster.

Canas 5 en 6 is tweeslaapkamerwoonstelle met slaapplek vir 4 mense elk. Dié woonstel bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof, skottelgoedwasser en 'n ketel en broodrooster.

Badhanddoeke en linne word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Elke woonstel het sy eie afstandbeheerder vir die hek vir veilige parkeerplek op die perseel, en gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is gemeenskaplike braaiers en 'n swembad vir die gebruik van ons gaste.

Canas bied 'n ideale ligging met toegang tot winkels, restaurante en die strandmeer. Die strandmeer is gewild onder vlieërbranderplankryers.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Barbara Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Malgasstraat 6, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Canas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Malgasstraat 6, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf9a877c5118972bf7e9d62e7673077347705b02ac7a49cb6a2e5c91bc14f41a8c05808f214a23bce4bb749baa0648d239709?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 24 5 1 5 6 Malgas Street Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-21:00 11:00 -33.088382141701 18.036623609193

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang