Cape Breaks Superior Studios
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen Victoria-straat 72, Saint Martini Gardens, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R1 594 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Cape Breaks Superior Studios bied kontemporêre selfsorgverblyf in die St. Martini Gardens-kompleks in Kaapstad. Dit is ideaal geleë vir vakansiegangers, sakelui en besoekende akademici.
Elke ateljee bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n aparte slaaparea, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamerarea het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak. Alle linne word voorsien en die woonstelle word weekliks skoongemaak. Ekstra skoonmaakdienste kan ook op versoek gereël word teen 'n addisionele fooi.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus. Die woonstel het satelliet-TV en gratis WiFi. Die meeste van die ateljees het 'n balkon met uitsigte oor Tafelberg.
Die St. Martini Gardens-kompleks het 24 uur-sekuriteit, 'n wassery en sy eie pragtige privaat tuin met 'n groot swembad. Veilige parkeerplek is ook op versoek beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Belinda Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 1
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Queen Victoria-straat 72, Saint Martini Gardens, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Queen Victoria-straat 72, Saint Martini Gardens, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap