Casa la Mer
Kry 60% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 14 Apr 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Welgegund-plaas, Broederstroom, 0240, Noordwes
-
Vanaf
R1 900R760 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Casa la Mer is 'n selfsorghuis in Hartbeespoort wat teen die hange van die Witwatersrandberge lê en 'n uitsig oor die Hartbeespoortdam bied. Die huis is teen die water geleë.
Dié dubbelverdiepinghuis is in 'n stil en rustige omgewing geleë en bied asemrowende berg- en dam-uitsigte. Die huis beskik oor 2 slaapkamers wat elkeen beskik oor 'n en suite-badkamer, en daar is 'n ekstra solder-gedeelte. Elke en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. By Casa la Mer bied slaapplek aan 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer beskik oor 2 driekwartbeddens, en die solder-area is ingerig met 5 enkelbeddens. Bring asseblief jou eie swemhandoeke.
Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond en oorgenoeg breekware en eetgerei vir 10 mense. Die leefarea het ook 'n gemaklike leer-hoekrusbank, 'n eetkamertafel en stoele vir 8, 'n kaggel en 'n TV met volledige DStv. Die leefarea bied toegang tot 'n stoep met ingeboude braaigeriewe.
Casa la Mer spog met 'n verhitte plonspoel en buite-braaigeriewe. Die eiendom is ook veilig met 'n alarmstelsel en elektriese heining.
Parkeerplek vir 4 voertuie, afhangende van hul grootte, is beskikbaar. Daaglikse skoonmaakdienste kan op aanvraag en teen ekstra koste gereël word. Dié instansie is troeteldiervriendelik en gaste kan gerus hul dierekinders saambring. Gaste kan ook heerlik op die perseel voëlkyk, visvang, voetslaan, bootvaarte onderneem of die 4x4-roetes aandurf.
Die omliggende area bied 'n groter verskeidenheid buitelug-doendinge soos voetslaanroetes, bergklim, perdritte, en gholf by die Pecanwood Country Club, die Magaliespark Gholfbaan, of die Eco Seasons-oord. Adrenalienvrate sal ook bly wees om te hoor dat mens in die omgewing kan abseil, vierwielmotorfietse ry, mikroligtevliegtuigvlugte onderneem, valskermsweef, die Magaliesberg-boomtoptoere se Zipline aandurf, of die Bill Harrops warmlugballon-safari's op die proef stel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.7/5
Maricia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Welgegund-plaas, Broederstroom, 0240, Noordwes
- Gaste dink Casa la Mer het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Broederstroom Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Welgegund-plaas, Broederstroom, 0240, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang