Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cathkin

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dierama-laan 25, Cathkin Estates, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Geleë in 'n eksklusiewe bergdorpie in Sentraal-Drakensberg, is Cathkin Estates 'n veilige eko-landgoed en wildreservaat met beide dag- en nagdiere wat vrylik rondloop en omring deur skouspelagtige natuurskoon en berguitsigte.

Dié ruim huis bestaan uit 2 slaapkamers, 2 en suite-badkamers, en 'n aparte toilet wat gemaklik 4 volwassenes en 2 kinders kan akkommodeer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed wat net vir kinders is, terwyl die tweede slaapkamer met 'n koningingrootte-bed ingerig is. Die 2 badkamers is elk toegerus met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Handdoeke en beddegoed word voorsien.

Die kombuis is oopplan na die leefarea en is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n kaggel, 'n TV en gemaklike sitplek.

Dié huis spog met 'n privaat tuin met asemrowende uitsigte oor die Drakensberge. Stap-, roetedraf- en bergfietsryroetes, kompleet met woudgedeeltes en watervalle, begin reg voor die deur. Boonop beskik die landgoed oor 'n forelvisdam. Komplimentêre WiFi, veilige parkeerplek en braaigeriewe is beskikbaar vir gaste tydens hul verblyf.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderstapelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ligging

  • Dierama-laan 25, Cathkin Estates, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dierama-laan 25, Cathkin Estates, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2e41a2896b95cca03e5fbc08b8a1d560dcf47802a90a861402151d74172ec5584cf3422c6da81fd906a3b15ed9dc9fdb9700?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag (plek vir 6) 25 Dierama Lane Cathkin Estates 3340 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -29.030834786472 29.467671050144

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang