Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Celebratio Granaatplaas

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Jahnes E
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2024

Rustige ontspanningsplek. Ons het lekker gebly en die reën in die Karoo het ons sommer laat opkrul by die kaggel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kez O
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2023

Marita and Evan are warm and welcoming. We will make Celebratio Granaatplaas a regular stay! Most wonderful people, gorgeous house. This was a great stay and a relaxing time.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
Thanks Kez, make it a family affair next time and bring your mom and dad too!

Andre D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Lekker gebly. Was daar met Bruis tydskrif se funksie, lekker gebly. Padwerke, hopelik volgende jaar voltooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
Baie dankie André! Ons glo darem dit sal teen volgende jaar afgehandel wees. Dis 'n wonderwerk dat hulle besluit het om ons pad te teer, dus wil ek nie kla nie. Die Ou Sementpad was in 'n haglike toestand, dus gaan ek met 'n lied in my hart op die nuwe teerpad ry.

Anneke V
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Aug 2024

Baie lekker kuierplek. Baie lekker met alles wat jy nodig het. Heerlike bed en stort en pragtige sterrehemel. Verwarmer in slaapkamer en kaggel was baie welkom in die ysige weer.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
Dankie, Anneke. Hierdie afgelope winter was besonder koud. Die bome begin nou nuwe blaartjies kry, dus is die seisoen besig om te verander. Julle moet in oestyd kom kuier!

Susan B
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Aug 2024

Goed uitgerus op die rustige plaas. Gasvrye mense. Dit was ons laaste oornag van 'n 3 weke road trip. Ons het op die plaas kom rus. Vriendelik ontvang deur Evan en Marita. Die granaatsap was heerlik. Lilly het alles gehad wat nodig is. Geniet die Karoo en kyk vir die sterre.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
Baie dankie vir die mooi woorde. Hoop ons sien julle sommer gou weer!

Kim G
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2023

Was truly awesome and Evan was just wonderful. A big thank you to him. A wonderful and warm house to stay in, we had a wonderful time with our friends. Will definitely be back soon.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
Thank you so much for choosing our farm. We'll see you in the summer so you can make use of the pool.

Refilwe M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2023

Very peaceful, quiet and secluded. We had a lovely stay at Celebratio (booked in Lily but stayed in Sias - probably because we arrived too early and they made a plan for us to check in as soon as possible - which we truly appreciated. Both Sias and Lily look exactly the same, so no complaints at all!). Marita was very welcoming, and we got some free pomegranate juice. The place is quite secluded, it is on a farm after all. Very quiet area, which was what we wanted. The place was clean and has the necessary appliances you need while on holiday. There's free Wi-Fi but the network vanishes with load shedding. The road is also good for running (if you're a runner) as there are barely any cars on the road to disturb you. The community seems to be very friendly too. The only minor thing that bothered us was the mosquitoes, probably because it was hot and being on a farm attracts insects. We were provided with repellent though. 5/5 overall. Would definitely stay there again.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
I'm so glad you chose our farm, Refilwe. Thanks for visiting.

Daniel S
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2022

Baie rustige veblyf, met 'n goed toegeruste huis. Daar is 3 eenhede om die swembad gebou, met 'n heerlike braai en kuierstoep aan die anderkant van die huis wat baie privaat is. Mooi uitsigte van die granaatbome asook omgewing. Die huis was goed toegerus en elke kamer het 'n waaier gehad. Evan, wat baie naby aan die eenhede woon is baie behulpsaam. Great plek om 'n dag of selfs 'n naweek te spandeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
Baie dankie vir die terugvoering, Daniël. Dit was heerlik om julle op die plaas te ontvang.

Melinda M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2022

Karoo gasvryheid! Dit was 'n wonderlike ervaring op die plaas! Rustigheid op sy beste! Baie vriendelike gasvrou asook ontvangs. Lekker warm stort, goeie gehalte handdoeke en linne en 'n bonus- die vars granaatsap! Heerlik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
Melinda, baie dankie vir die resensie. Sê vir Reuben sy donkie-maatjies verlang na hom.

Wanda V
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Des 2022

Karoo-rustigheid! Ons was 2 volwassenes, 4 tieners en 'n 5 jarige en ons almal het ons 4 dae op die plaas terdeë geniet. Die huis is lieflik ruim en gebou vir die hitte. Al die kamers het waaiers en die badkamers is modern en pragtig skoon. Die kombuis het alles wat jy nodig het - insluitend 'n skottelgoedwasmasjien en 'n wasmasjien. Die swembad is lieflik en 'n wenner vir die kinders. Ons het regtig lekker gekuier. Marita is 'n wonderlike gasvrou en Evan hou alles netjies en in stand. Ons het gegaan om te rus en die mooi uitsigte in te neem, dus nie veel rond gery nie. Ons was wel Highgate Volstruisplaas toe en het dit ook vreeslik geniet. Die donkies was 'n fees en het elke aand en oggend geroep dat iemand hulle voer. Ons sal regtig die plaaslewe op Celebratio aanbeveel! Selfs die tieners het dit geniet. Die enigste ding wat wel bietjie gepla het is die vlieë (maar dit is 'n plaas - vat maar die Doom) en die groot huis se stoep is reg in die middagson - braai maar bietjie later. Baie dankie Marita en Evan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marita
Celebratio Granaatplaas
Dankie Wanda. Ek sal julle altyd onthou - regte raakvat-mammas wat kans sien vir enigiets. Dankie dat julle ons plaas vir julle wegbreek gekies het, ek's bly julle het lekker gekuier. Ons het darem nie altyd so baie vlieë nie - dit was die onlangse onverwagse reën wat dit veroorsaak het. Maar ons kla nie, dit het gereën in die Klein Karoo. Ons harte is dankbaar vir gaste soos julle.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Marita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R975
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R975
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R62, Celebratio-plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA695acb1749c7138e0ad4440d8d7863c1e0c24285ca2323b67255ca55fe9e1575698da7576dab50ae06f743691d818174a8f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R975 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 Off the R62 Celebratio Farm 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.621325591347 21.875929306878

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang