Champagne Air and Serenity
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Francolin-keeromstraat 3, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Champagne Air and Serenity is 'n stylvol ontwerpte woonstel op die randjie van die Hermanus Gholfklub, net 3 minute vanaf die middedorp, strande en kranspaadjies. Die sportsentrum wat 'n gimnasium, tennisbane, Padel-bane en muurbalbane het, en die plaasmark is stapafstand ver wat 'n rits geleenthede vir ontspan en verken verseker.
Die moderne eenslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 2 matrasse vir kinders, 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet en 'n ruim aantrekkamer met genoeg klerekaste. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met moderne geriewe toegerus en sluit 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe in. Dit lei na 'n ruim eet- en sitarea met gemaklike sitplek.
Die woonstel word deur 'n welige tuin omring en bied toegang tot 'n plonspoel. Hiér sal gaste hartlike gasvryheid in 'n rustige omgewing aan die voet van die berg ervaar. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Francolin-keeromstraat 3, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Francolin-keeromstraat 3, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang