Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Chill-'n-Biki Lodge Mabalingwe

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Wildreservaat, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Chill-'n-Biki Lodge Mabalingwe skuil tussen die heuwels en natuurlike damme van die Mabalingwe Wildreservaat. Dié lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamer-grasdakhuis. Dié Groot 5-reservaat van 12 500 ha is 'n natuurliefhebber se paradys en bied 24 uur-sekuriteit.

Die huis is stapafstand vanaf die hoofswembad, minigholf-, tennis- en muurbalbaan, speelgrond, pooltafel, groot skaakbord, verhitte swembaddens, restaurant en die plaaswinkel.

Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en het 3 en suite-slaapkamers wat elk met 'n bad, stort en toilet ingerig is. Die huis beskik oor 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n elektriese oond, 'n stoof, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Volledige DStv. Gaste kan lekker braai in die privaat boma en terwyl hulle na die bosgeluide luister.

Daar is onderdakparkeerplek is vir 3 voertuie.

Kom ontspan hier by ons en ontmoet die wilde diere wat vrylik rondom die lodge beweeg. Ons het al selfs olifante op die drumpel hier gewaar! Vlakvarke kom ook daagliks kuier. Voëls en wild is volop. Wildritte kan bespreek word, maar jy kan ook in jou voertuig gaan wildkyk. Die lodge spog met 'n restaurant en kroeg, boskroeg, drankwinkel, OTM en vulstasie om jou verblyf so gerieflik as moontlik te maak.

Die reservaat bied ook baie doendinge op die perseel soos boogskiet, wildritte, nagritte, sonsondergang-toere, voëlkyk, saalsafari's en leeuvoer-uitstappies. Mabalingwe Wildreservaat is 'n uur en 'n half se ry van Pretoria af en 'n halfuur se ry vanaf Bela-Bela. Ontsnap van die stadsgewoel en kom geniet die pragtige bosveld hiér!

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 162 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hein I
Gesin met klein kinders
5.0
Sal vir seker weer gaan. Dit was baie lekker, dankie. Jul plek, die diere, die ligging vir die kinders, als wat mens benodig is daar, het baie geniet.
Nov 2024
Elmarie C
5.0
Rustige plek, kwaliteit tyd saam kinders, love it. Baie lekker, TV net nie gewerk nie, maar vir ons almal insluitend die kleinkinders was dit 'n fees....
Sien meer
Okt 2024
Megan H
Saam met vriende
5.0
So 'n fabulous tyd gehad, elke aand olifante en ander wild gesien. Ons het baie lekker gebly!
Sep 2024
Annelize L
5.0
Die huis het alles wat jy moontlik nodig kon hê. 'n Ongelooflike naweek. Ons kan eerlik nie wag om weer te gaan nie! Die swembad, boma en huis is baie...
Sien meer
Aug 2024
Wesley S
Gesin met tieners
5.0
Amazing familie 'get-away'. Michelle is 'n vreeslike aangename mens wat regtig uit haar pad gegaan het om ons met alles te help en seker te maak ons k...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 287

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Mabalingwe Wildreservaat, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Chill-'n-Biki Lodge Mabalingwe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 1 950
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mabalingwe Wildreservaat, R516, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA44d46918a80719842880630f4e51dfbbabfc0c7fdc6f477a8379b1f0d1f1ac7e048f506ed9e677c499487ad1928b67a21d8e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8) 162 5 1 5 Mabalingwe Game reserve R516 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.82188645447 28.062062646495

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang