Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eddies Guesthouse

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Jan 2024 tot 15 Des 2024.

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 176, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R850 R765 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Eddies Guesthouse is in die skilderagtige dorpie Clarens in die Oos-Vrystaat.

Dit is in die hoofstraat, stapafstand van die dorp se verskeie winkels, restaurante, galerye en plaaslike besienswaardighede af. Dit is gerieflik vir gaste wat die dorpie wil verken of bloot deurreis.

Die verblyf bied 3 selfsorg-eenhede en 2 enkelkamer-eenhede.

Die grootste eenheid, Anki, het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die tweeslaapkamer-eenheid, June, het slaapplek vir 4 gaste en Santa, die eenslaapkamereenheid, het slaapplek vir 2 gaste. Hierdie groter eenhede het elkeen 'n volledig toegeruste kombuis met 'n oond, stoof, en mikrogolfoond, asook 'n lekker kaggel.

Die 2 enkelkamer-eenhede sluit 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en 'n ketel in. Daar is ook buitesitplek met 'n uitsig.

Alle eenhede het 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, 'n TV met DStv en gratis WiFi. Ander geriewe sluit gehaltelinne, skoon handdoeke, elektriese komberse en koffie- en teemaakgeriewe in.

Die perseel het 'n rugsteunkragstelsel sowel as waterreserwes, wat gemaklike verblyf verseker. Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel.

Die verblyf is ook net 'n kort entjie se stap vanaf die gewilde stap- en fietsroetes wat deel vorm van die Clarens Village Conservancy.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 138 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Tina D
5.0
Verwelkomend. Baie gasvry. Ons hele gesin het die verblyf baie geniet. Baie dankie.
Aug 2024
Ria C
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike gastehuis, en ideaal geleë. Pam en Palesa het uitstekende diens gelewer. Lieflike gastehuis, en ideaal geleë. Pam en Palesa het uitstekende d...
Sien meer
Jun 2024
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. Baie gerieflik en naby alles.
Mei 2024
Engela G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies. Fantasties. Regtig silwerskoon gewees. Vriendelik ontvang deur Pam.
Mei 2024
Liezel C
Saam met lewensmaat
5.0
Magical. Clean and neat. Our hostess went out of her way for us. She is very friendly. The B&B is perfectly situated as it's walking di...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Adam Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 138

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Hoofstraat 176, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Eddies Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R850 R765
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R850 R765
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat 176, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80710e29fdf2643c5c2910c67c224e5ef81bdec8f552cca417fcf4665e7554fde996185d0c848799d03b52a9719737af468a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R765 per nag (plek vir 2) 138 5 1 5 176 Main Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.518201 28.418564

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang