Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Columbia

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edmeadstraat 4A, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Columbia bied oornagvakansieverblyf met privaat ingange op die eienaar se perseel in die hartjie van Oudtshoorn. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n klein gesin wat dié gewilde area besoek.

Verblyf word in 2 eenhede met slaapplek vir 3 gebied. Die eerste eenheid het 'n oopplan-uitleg en die tweede eenheid het 'n aparte slaapkamer. Die oopplan-eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelslaapbank vir kinders en die tweede eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n driekwartbed. Elke eenheid het 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Elke eenheid beskik oor 'n kombuisie wat met 'n lugbraaier, elektriese braaipan, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Eenheid 2 het 'n sitarea en albei eenhede het etenstafels en slim-TV's met Netflix. Gratis WiFi is op die perseel beskikbaar.

Alle gaste het toegang tot die braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel. Die verblyf is sowat 2 km vanaf die middedorp en net 'n entjie vanaf aktiwiteite soos die Kangogrotte, wildritte, volstruisplase, museums, wynplase en voetslaan- en bergfietsroetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Melissa W
Gesin met klein kinders
5.0
Dadelijk welkom gevoel! Vriendelike diens! Veilige verblyf met baie vriendelike eienaars!
Mrt 2025
Louis K
Saam met lewensmaat
5.0
'n Onvergeetlike ervaring. Hoogs aan te beveel. Sal vir seker weer teruggaan. Ons het onlangs die voorreg gehad om by Columbia te bly, en kan nie geno...
Sien meer
Okt 2024
Anelle R
5.0
Ek sien reeds uit na my volgende besoek. My verblyf by Columbia was soveel meer as wat ek verwag het. Pragtige tuin, veilige parkering, vriendelike ve...
Sien meer
Aug 2024
Renier D
Gesin met tieners
5.0
Netjiese huis wat baie goed toegerus is. Louis en Natasha het ons tuis laat voel. Pragtige huisie, rustig met vriendelike eienaars.
Apr 2024
Dewald D
Saam met lewensmaat
4.0
Baie mooi groen boomryke tuin. Lekker stil en netjies.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Louis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Edmeadstraat 4A, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Columbia het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edmeadstraat 4A, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc50b468842680c825708233d6b183a9fea043139bd3de62a29f09162ebd29564b9185ea9defd87f61c71e563af204cc35ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 4A Edmead Street Oudtshoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.582036602256 22.194790234289

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011