Columbine Holiday Home
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colombine-straat 4, Ocean View-uitbreiding 9, Swakopmund, 0000, Erongo
- Vanaf R1 690 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Columbine Holiday Home is 'n ruim selfsorgeenheid wat sentraal in Ocean View, Swakopmund geleë is. Dit bied baie ruimte om te ontspan en is ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende.
Dié verblyf bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas, eiland met stoele en 'n ingeboude braai toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 2 matrasse vir kinders. Daar is 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is braaigeriewe en veilige parkeerplek in 'n motorhuis. Hierdie verblyf is sowat 500 m vanaf 'n winkelsentrum en mediese geriewe. Die pragtige strand en die lewendige Platz Am Meer Mall is net 2,6 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Colombine-straat 4, Ocean View-uitbreiding 9, Swakopmund, 0000, Erongo
Sien meer verblyf in Ocean View Swakopmund Erongo Namibië
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colombine-straat 4, Ocean View-uitbreiding 9, Swakopmund, 0000, Erongo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang