Cone Bush Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Witkransplaas, Erfdeel 697/1, Flower-vallei, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Cone Bush Cottage is op Wilkransplaas in die Flower-vallei geleë en bied 'n rustige toevlugsoord aan die hele gesin.
Dié ruim kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Hierdie gaste gebruik 'n badkamer met 'n wasbak, stort en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n lugtige sitarea met oorgenoeg sitplek en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kan maaltye op die stoep met buitemeubels en 'n onderdakbraai-area geniet. Daar is 'n privaat houtvuurwarmbad in die tuinarea. Gaste het ook toegang tot 'n gedeelde boma met 'n vuurput en tafeltennis.
Die plaas het 5 goeie staproetes van verskillende afstande wat eksklusief vir gaste beskikbaar is. Hulle is ook deel van die Klipspringer MTB-roete wat op Lomond Wynplaas begin. Die plaas is ook 'n lid van die Walker Bay Fynbos Conservancy and Birdlife SA en word as 'n uitstekende voëlkykplek beskou.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 22
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Witkransplaas, Erfdeel 697/1, Flower-vallei, 7220, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Witkransplaas, Erfdeel 697/1, Flower-vallei, 7220, Wes-Kaap