Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Conifer Beach House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windermereweg 39, Humewood, 6001, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Conifer Beach House is 'n versteekte juweel naby van Port Elizabeth se wonderlikste swemstrande, vername strandfrontbesienswaardighede en die stad se lughawe. 'n Heerlike ontbyt word elke oggend al fresco in die rustige tuin bedien. Gaste kan ook langs die manjifieke strande stap of in die afgesonderde swembad op die perseel ontspan.

Hierdie stylvolle en gerieflike gastehuis bied 15 kamers, geleë in 'n welige tuin, wat 'n ware oase-atmosfeer skep. Die meeste kamers is apart van die hoofhuis met hul eie privaat stoepe en veilige parkeerplek. Elke eenheid het 'n platskerm-TV met DStv en gratis WiFi. Elke kamer het 'n mikrogolfoond, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe, en sommige eenhede het 'n klein kombuisie. Die meeste kamers het ook lugversorging, 'n dakwaaier, verwarmer, elektriese komberse en 'n haardroër. Die gesinseenheid bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n volledige kombuis en 'n aparte eetarea.

Gefiltreerde boorgatwater wat veilig is om te drink word op die perseel gebruik. Die perseel is veilig en alle kamers het noodreaksie-knoppies. Die uitwerking van beurtkrag word tot die minimum beperk met die gebruik van 'n omsetter wat deurlopende WiFi-toegang en 'n laaistasie vir elektroniese toestelle voorsien. Alle kamers word van noodligte voorsien. 'n Vinnige en doeltreffende wasgoeddiens is op weeksdae beskikbaar. Die vriendelike personeel sal ook graag gaste help om hul reis en reisplan te beplan indien nodig.

Conifer Beach House is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Junita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Windermereweg 39, Humewood, 6001, Oos-Kaap
  • Gaste dink Conifer Beach House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windermereweg 39, Humewood, 6001, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4900be6d86a1b2fd93a3275978d99ed9610fdc0aba4e43cc31fedb7936f79583b1ecd0f33ef9b0a41c3c8ee05551de6ef706?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense 33 5 1 5 39 Windermere Road Humewood 6001 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.97613 25.64347

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang