Coo-ee 9
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 69, Heroldsbaai, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Coo-ee 9 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vakansiewoonstel op die eerste verdieping van 'n gebou met 10 woonstelle by die see. Dié gebou is by Heroldsbaai se seefront oorkant die strand geleë.
Die woonstel beskik oor 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens in 'n aparte area, 'n badkamer, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en 'n leefarea. Die badkamer het 'n stort, toilet, wasmasjien en tuimeldroër, en die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof en mikrogolfoond. Die leefarea se skuifdeur lei na 'n balkon met 4 stoele en draagbare braaigeriewe. Gaste kan hier ontspan en die uitsig geniet.
Linne en badhanddoeke word voorsien en die kombuis is met die nodige voorraad, insluitend 'n koffiemasjien en -meul, eetgerei, kookgerei en breekware toegerus. Die ingang na die woonstel en met 'n ekstra veiligheidsdeur beveilig en openbare parkeerplek is langsaan die gebou beskikbaar. George Lughawe is 10,2 km van die woonstel af.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Millene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kusweg 69, Heroldsbaai, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Coo-ee 9 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 69, Heroldsbaai, 6530, Wes-Kaap