Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Coopmanhuijs Boutique Hotel & Spa

  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kerkstraat 33, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 025 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Coopmanhuijs is in 1713 gebou, een van die eerste spoggerige huise in die Stellenbosch se historiese hartjie. Vandag bied Coopmanhuijs Boutique Hotel & Spa luukse verblyf omring deur stylvolle winkels, galerye, museums en eikebome.

Ons het 16 kamers met lugversorging en en suite-badkamers. Die slaapkamers spog met strelende kleurskakerings en die beddens is oorgetrek met Egiptiese katoen. Die elegante dekor resoneer mooi met die bekoorlikheid en deftigheid van 'n vervloë era. 'n Kontemporêre ondertoon en 'n gevoel van aardsheid word ook gehandhaaf. Die wisselwerking tussen die kleurskakerings en teksture skep 'n tasbare gerieflikheidsgevoel.

Gaste kan etes nuttig by Helena's Restraurant, lekker rustig met 'n glasie Kaapste wyn in die binnehof of in die snoesige sitkamer. Gaan maak gerus ook 'n draai by die spa of ontspan langs die swembad.

Die museums, kunsgalerye en kuriowinkels is veilige loopafstand van die hotel af. Dit is veral ook 'n puik bestemming vir besoekers wat die Kaapse Wynlande, Tafelberg, die Waterfront en al die ander bekende besienswaardighede in die Wes-Kaap wil verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sean G
Saam met lewensmaat
5.0
Just great. My first choice for Stellenbosch. Excellent overall, especially the service.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Zuki A
5.0
10 uit 10. Hulle diens en die netheid was regtig ongelooflik. Dankie vir die glimlagte van die personeel.
Jul 2024
Adri M
Saam met vriende
5.0
Sal beslis weer hier tuis gaan. Dit was heerlik! Fantastiese plek! Die personeel is almal baie vriendelik en hulpvaardig! Restaurant het puik kos en d...
Sien meer
Jul 2024
Marika V
5.0
Uitstekend. Geleë binne loopafstand van alles en veilige parkering en vriendelike behulpsame personeel. Angelica by ontvangs was uitstekend.
Feb 2024
Elmarie V
Saam met lewensmaat
4.8
Pragtige hotel met die beste ligging! Ons het baie lekker gebly!
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 58

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 33, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Coopmanhuijs Boutique Hotel & Spa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 025
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 3 025
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kerkstraat 33, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhmZWZiNGQyLTEwMjEtNDE0MC1hNjM0LTA4ZjBlZDZjMjdhMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 025 per nag, vir 2 mense 11 5 1 5 33 Church Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.938072864804 18.86198580265

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang