Coot Club
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Wortelgatweg, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Vanaf R7 150 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Coot Club skuil tussen die groen voorheuwels van die Maanschynkop-berge en die Kleinrivier-strandmeer. Dit is 'n voëlryke area wat aan Stanford se Walker Bay Natuurreservaat grens.
Verblyf is beskikbaar in 4 kothuise en 2 boothuise. Die kothuis het elk 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n privaat badkamer met 'n bad en 'n stort. Elke kothuis het sy eie kombuis, TV met Netflix en WiFi. Boonop het die kothuise ook hul eie braaigeriewe en 'n vuurput buite.
Die boothuise is geskik vir gesinne. Elke boothuis se oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis het 'n gewelfde plafon wat bydra tot die ruim en helder gevoel van die spasie. Hierdie leefarea vloei dan saam met die buitekant van die eenheid waar gaste die grasperk, fynbos en strandmeer sal vind. Die kombuis in elke eenheid is met 'n gasstoof, oond, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n kaggel in elke boothuis.
Middag- en aandete is beskikbaar op die perseel by die klubhuis en gaste het toegang tot 'n gedeelde swembad met sonstoele naby die strandmeer.
Suidelike noorkaperwalvisse versorg hulle kalfies tussen Julie en November in die nabygeleë strandmeer se veilige water en die Coot Club bied dus hierdie ongelooflike ervaring wat eerstehands gesien kan word sou gaste deur die melkhoutwoud naby die Walker Bay Natuurreservaat stap.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Ella Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Wortelgatweg, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Gaste dink Coot Club het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Wortelgatweg, Stanford, 7210, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang