Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cormorant Cove @ Field and Stream

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tonteldoos-weg, Field and Stream, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R3 520 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Cormorant Cove @ Field and Stream is 'n lieflike kothuis op die Field and Stream Plaas net buite die klein dorpie Dullstroom op Tonteldoos-weg. Die plaas bied 'n rustige omgewing waar gaste privaatheid en panoramiese uitsigte kan geniet. Die plaas is bekend vir kunsvlieghengel en het 2 damme, en 'n keerwal, en is 4 km vanaf die Witpoortrivier aan die suidelike punt van die plaas.

Dié kothuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, waarvan een 'n solderkamer is, en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens en 2 beddens vir 2 kinders het. Die 2 badkamers het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Dit lei na die eetarea en na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n knus kaggel.

Die kothuis lei na die stoep met 'n uitsig oor Meike's Meer, een van die plaas se damme. Daar is ook 'n onderdakbraai en buitesitplek, asook 'n aparte braai langs die eenheid.

Gaste kan ook watervalle met piekniek- en swemareas geniet, asook pragtige staptogte langs die strome, en die plaaspaadjies wat oor die plaas loop wat ideaal is vir stap en bergfietsry. Verder is daar 'n aantal aanbevole bergfietsroetes rondom Dullstroom, wat almal vanaf die plaas bereik kan word.

Aan die bokant van die plaas is die Field and Stream Kleiduifskietbaan wat ideaal is vir rampartytjies, gesinsuitstappies of vir spanbou. Die plaas bied ook 'n konferensiesentrum vir 25 afgevaardigdes.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xKinderbed vir 1
Badkamer 1

Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Cormorant Cove @ Field and Stream
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Gregory Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 90

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Tonteldoos-weg, Field and Stream, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Cormorant Cove @ Field and Stream het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 520
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 520
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tonteldoos-weg, Field and Stream, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7809a1c71299ca10f74fcc8c18bd14acc306e11713e40238fe44fdfad7a5b5adbc79afe34b40d171c5e41a22085e519ed33b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 520 per nag, vir 6 mense 1 5 1 5 Tonteldoos Road Field and Stream 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.425567851963 30.016026170122

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang