Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cosy Cottage

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies-straat 13, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Cosy Cottage is 'n gerieflike selfsorgwoonstel, 'n versteekte juweel en 'n pragtige, gasvrye en gesellige toevlugsoord wat in alle gaste se behoeftes sal voorsien. Dit is op 'n heuwel geleë en het 'n baie veilige, sentrale en afgebakende ligging in Constantia Glen Security Village in Erasmuskloof, Pretoria-Oos en bied gerieflike selfsorg-verblyf in 'n kothuis en dakwoonstel.

Die kothuis het plek vir 3 gaste. Daar is ’n dubbelbed en enkelbed. Op versoek kan daar voorsiening gemaak word vir 'n kind. Die badkamer is toegerus met 'n stort-oor-bad, en daar is 'n oopplan-kombuisie met 'n yskassie, mikrogolf, elektriese braaipan, draagbare induksieplaat, pan, pot, ketel, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n waaier. Daar is ook 'n eetkamertafel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die losstaande kothuis bied privaatheid en het sy eie toegang na die hoofhek.

The Penthouse is op die boonste verdieping van 'n dubbelverdiepinghuis geleë en word met 'n stel privaat trappe vanaf die motorhuis beraik. Die eenheid het slaapplek vir 3 gaste. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n enkelbed in die leefarea. Die badkamer het 'n bad, stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Dié dakwoonstel het 'n oopplan-eetarea met 'n etenstafel, platskerm-TV met Openview-kanale en gratis onbeperkte WiFi. Die sitarea spog met 'n pragtige uitsig oor die bome. Die kombuis is met 'n ketel, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, draagbare induksie-kookplaat, staalpotte en -panne, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die verblyf het sonkrag.

Cosy Cottage is gerieflik naby Kloof-hospitaal (1,4 km) en Menlyn Park Winkelsentrum en die Castle gate-winkelsentrum. 'n Woolworths Food, 'n vulstasie, Clicks, 'n baie gewilde slaghuis, Coco's vir 'n heerlike ontbyt en verskeie ander winkels is net 500 m van die kothuis af. Pretoria-Oos-, Fairy Glen- en Wilgers-hospitaal is ook net 'n kort entjie hiervandaan. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is net sowat 25 minute se ry van die Cosy Cottage af. Dit bied maklike toegang tot die N1.

Die verblyf maak van sonkrag gebruik en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 92 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Lize M
Saam met lewensmaat
5.0
A simply love stay. While our stay was only for one night for a hospital procedure the next day, it was very enjoyable. Upon arrival, w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Anton E
Gesin met tieners
5.0
Gerieflik, veilig en baie sentraal gelee. Ek sal Cosy Cottage vir enige iemand aanbeveel.
Des 2023
Beukes G
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon. Die eenheid was regtig skoon. Ons het lekker gebly. Dit is 'n baie rustige area en alles was 100%. Lekker naby aan restaurante en Menlyn-winkel...
Sien meer
Jul 2023
Wilna V
Gesin met tieners
5.0
Ons het lekker gebly - sou net graag iets ekstra wou gehad het wat die TV en ligte aanhou tydens beurtkrag. Baie vriendelike gasvrou en die kamer is l...
Sien meer
Apr 2023
Bebbie L
Gesin met tieners
5.0
Ons het heerlik gebly. Ek sal Cozy Cottage beslis aanbeveel. Ons is vriendelik ontvang. Plekkie is pragtig, netjies en het alles wat jy nodig het vir ...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Hanneline Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 92

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Augrabies-straat 13, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Cosy Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Augrabies-straat 13, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdMALHr8iTvW5DJVw0aEWTYg2zWSGmkAgo3ELNQijAoS9ZiBEvU?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 3) 92 5 1 5 13 Augrabies Street Erasmuskloof 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.814088632902 28.27100417791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang