Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cottage Two @ Imbabali Retreat & Venue

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
  • Vanaf R3 810 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Cottage Two @ Imbabali Retreat & Venue is 'n versteekte juweel in Hekpoort in Magaliesburg, net 'n uur vanaf Johannesburg en Pretoria. Die kothuis skuil tussen die voorheuwels van die majestueuse Magaliesberge waar daar 'n ryk geskiedenis en 'n rits buitemuurse aktiwiteite is.

Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 3 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het gemaklike sitplek en gratis WiFi. Buite is daar 'n privaat stoep met braaigeriewe en 'n plonspoel. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis op die perseel beskikbaar.

Imbabali Retreat and Venue bied 'n rustige en ontspannende omgewing met 'n klimraam vir die kinders en 'n restaurant wat ontbyt, middagete, aandete en peuselgoed bedien. Ontbyt kan teen 'n ekstra koste by die kothuis bedien word. 'n TV en gratis WiFi is by die restaurant beskikbaar of gaste kan die geriewe vir konferensies, vergaderings, funksies, troues en spanbou-sessies bespreek. Houtskool, hout en ys is teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Imbabali Retreat & Venue is 'n toevlugsoord vir natuurentoesiaste en spog met 'n diverse oorvloed fauna, flora en voëllewe. Die Magaliesberge is die tuiste van 450 voëlsspesies, insluitend die kransaasvoël, grootswartooievaar en witrugnagreier. 'n Gedetailleerde voëllys vir die area is vir kranige voëlkykers beskikbaar.

Daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite vir elke lid van die gesin op die perseel. Vir hengelaars is daar baars, karp, kurper en geelvis om op 'n vang-en-vrylaatbasis te vang.

Gaste kan die perseel verken, voëlkyk of 'n spa-behandeling bespreek. Die verblyf beskik oor 'n swembad, veerpyltjiebord, tafeltennis en 'n biblioteek wat gaste kan gebruik.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Catherine Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 20

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 810
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R3 810
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c7718d9691fc90794b775586c8ac0cc8d5ee988c3334f103d24c44dbbc97be300e8f272c6a2fe5ce46565b30df37f407849?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 810 per nag, vir 5 mense R560 Hekpoort Road Plot RH27 1790 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.911062 27.574041

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang