Country Club Cabanas
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barbaralaan, Country Club Cabanas 18, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Country Club Cabanas bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n pragtige gholfbaan in Scottburgh. Dit is 'n ideale opsie vir 'n gesinswegbreek aangesien dit 'n entjie van die strand af geleë is met baie rotspoele.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed, terwyl die derde 2 enkelbeddens het. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n bad, toilet en wasbak.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV.
Deur die skuifdeur is daar 'n balkon wat perfek oor die gholfbaan uitkyk en die ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy 'n braai in die Weber geniet. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek binne die kompleks wat 3 km vanaf die hoofswemstrand geleë is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Victor Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Barbaralaan, Country Club Cabanas 18, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Country Club Cabanas het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barbaralaan, Country Club Cabanas 18, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal