Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Country Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nuwesig, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Country Cottage is tussen ander kleinhoewes, net 7 km van Beaufort-Wes af geleë. Gaste kan hier 'n rustige omgewing met Karoo-sonsondergange en aande onder die sterre geniet. Beaufort-Wes het 'n verskeidenheid winkels, restaurante en museums om te besoek. Die Karoo Nasionale Park is sowat 13 km weg.

Dié pragtige huisie het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Daar is 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die eetkamer het sitplek vir 4 gaste, terwyl die sitkamer 'n bank en 'n platskerm-TV het. Die kothuis het lugversorging en daar is braaigeriewe buite.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Stefan S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker op die plaas, met veilige verblyf met diere. Baie lekker oorslaap met ons honde in 'n skoon en netjiese huisie, wat goed ingerig is. Dis buite ...
Sien meer
Des 2024
Sonelle V
Saam met vriende
5.0
Baie rustig en alles wat nodig is. Ons het baie rustig geslaap.
Nov 2024
Heidi G
Saam met vriende
5.0
Ek bly definitief volg. Jaar weer daar oppad na Bloem vir Agility Komp. Heerlik gebly. Groot, netjiese huisie. Goed omhein vir honde, kinders & groen ...
Sien meer
Sep 2024
Mari M
Gesin met klein kinders
5.0
Country Cottage is perfek vir 'n oornag met 'n klein gesin! Ons het heerlik gebly. Dankie! Dit was perfek vir ons as gesin.
Jan 2024
Janco P
5.0
Gerieflik, troeteldiervriendelik en mooi. Baie mooi en rustig, net buite die dorp. Heerlike huisie en omheinde erf vir die woef. Baie lekker gebly.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hannetjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 54

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Nuwesig, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Country Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nuwesig, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArJZU8zBYSMng88wkcO4PwySYcpIOQ4SHuFL6fZAw6t6MhZjbGT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 4 mense 54 5 1 5 Nuwesig Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.32532 22.642554

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang