Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

91@Geelhout

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelhoutlaan 91, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

91@Geelhout bied verblyf in 2 eenhede op die eienaar se erf in Hartenbos. Hierdie 2 opsies bied gerieflike en ontspannende verblyf wat ideaal vir enkelreisigers of paartjies is wat op soek is na 'n wegbreek by die see.

Cozy @ 91 Geelhout is 'n bekoorlike selfsorg-eenheid met 'n privaat ingang. Die oopplan-eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind. Die slaaparea het 'n dubbelbed en 'n slaapbank en die aparte badkamer het 'n stort. Daar is ook WiFi en sonkragligte vir tydens kragonderbrekings.

Mountain View @ Die Heuwels is 'n gerieflike selfsorghuis met slaapplek vir 8 volwassenes en dit beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n slaapbank vir 1 kind en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 2 aparte badkamers wat elk 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet het.

Veilige onderdakparkeerplek word op die perseel voorsien en die huis se alarmstelsel is aan gewapende reaksie gekoppel. 91@Geelhout is gerieflik naby winkels, restaurante, gewilde strande en besienswaardighede soos die ATKV Hartenbos, Pret Park en strandmeer geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Johan S
Saam met lewensmaat
5.0
Dis stil, pragtig en perfek en die uitsigte is asemrowend mooi. Verblyf is baie netjies, skoon en beskik oor alle geriewe wat persone nodig het vir 'n...
Sien meer
Okt 2024
Ettienne C
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Excellent, nice host and all in place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Denzil W
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was waarde vir jou geld. Baie dankie vir die gasvryheid. Ek en my vrou en my dogtertjie het baie, baie lekker gebly.
Aug 2024
Abri V
Saam met lewensmaat
4.6
Vriendelik ontvang en het sommer dadelik tuis gevoel. Lekker gekuier in 'n baie netjiese, skoon plek met veilige parkering.
Des 2024
Hantie C
Saam met lewensmaat
4.2
Rustige, stil omgewing met genoeg privaatheid. Goed ingerigte, skoon verblyf. Ons het die TV nie as verbruikersvriendelik ervaar nie. 'n Haardroër sou...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Christoff Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 4 maande

Ligging

  • Geelhoutlaan 91, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink 91@Geelhout het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelhoutlaan 91, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd3986a9dc287a7217abe8e0f641ed0fe62a335e8d8f6423493c5be5deb32dee28fb55dd275c7bec51c955a796c1e4d9754e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 3) 5 5 1 5 91 Geelhout Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.1215782 22.0997446

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang