Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

CSkulpie

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa Fontana, Lutie Katz-rylaan, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 780 per nag (plek vir 4)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

CSkulpie bied verblyf in 'n woonstel op die eerste verdieping van die Villa Fontana-kompleks in die kusdorpie Yzerfontein. Dit is stapafstand van verskeie eetplekke af.

Die eenheid is geskik vir 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed met en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed met ingeboude kaste en 'n aparte badkamer met 'n bad en stort. Daar is 'n enkelbed in die leefarea. 'n Haardroër, al die beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke bring.

Die oopplan-kombuis is met 'n oond, 'n vierplaatgasstoof, mikrogolfoond, lugbraaier, yskas-vrieskas, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die eet- en sitarea is ruim en daar is 'n stoep met 'n gasbraai en 'n see-uitsig.

Verder het die woonstel gratis WiFi en 'n slim-TV. Daar is veilige parkeerplek op die perseel vir 1 voertuig, maar gaste moet vooraf reël as hulle nog parkeerplek benodig. WiFi is gedurende kragonderbrekings beskikbaar.

CSkulpie is naby koffiewinkels, eetplekke, voetslaanroetes en die strand. Dit is ook 19 km vanaf die Weskus Nasionale Park, 11 km vanaf die Tienie Versfeld Natuurreservaat en 17 km vanaf die Buffelsfontein Wild- en Natuurreservaat.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Marietjie M
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut heerlik! Ons het absoluut heerlik gebly in C-Skulpie. Die woonstel is naby genoeg aan die strand en dit is heerlik om daar te gaan stap en oo...
Sien meer
Apr 2024
Bonita D
5.0
Very relaxing. Very nice. Very cozy home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
David H
Gesin met tieners
5.0
Loved Yzerfontein! Great lock-up & go apartment in a perfect position. Everything we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Amelia B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustig. Die verblyf was heerlik. Net wat nodig was na 'n lang jaar.
Des 2023
Hilda-carina F
Saam met vriende
4.2
C-Skulpie bied 'n goeie ligging en alles wat nodig is vir gemaklike verblyf vir kort sowel as langer periodes. Die woonstel is baie goed ingerig met a...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Hanna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Villa Fontana, Lutie Katz-rylaan, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
  • Gaste dink CSkulpie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 780
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 780
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa Fontana, Lutie Katz-rylaan, Yzerfontein, 7531, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA23d20db41dcc5f5f29db017ab82ca5b7daa4eef32f60d8bd62244a40367973a628d4db7548e05df2e3a3615a816b200d2cfc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 780 per nag (plek vir 4) 15 5 1 5 Villa Fontana Lutie Katz Drive 7531 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.349188796832 18.152825661999

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang