Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

DaGama @ Jbay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mimosa-straat 102, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

DaGama @ Jbay is in'n lieflike woonbuurt ggeleë naby een van die beste strande in Jeffreysbaai. Ideaal vir 'n gesin en vriende wat opsoek is na 'n strandvakansie. Die huis en woonstel is 200 meter stapafstand vanaf die see.
DaGama@Jbay bied lieflike selfsorg verblyf, in 'n huis op die grond vloer en 'n woonstel op die eerste verdieping.
Elke eenheid het sy eie ingang.

Die huis bied slaapplek vir 8 gaste en beskik oor vier slaapkamers, 2 badkamers, kombuis, leefarea en eetkamer.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Twee van die slaapkamers het stapelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte bed. Die gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Alle linne en handdoeke word voorsien vir die huis en woonstel. Gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n TV met gratis WiFi. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, wasmasjien, vrieskas, skottelgoed wasmasjien, mikrogolfoond, gasstoof, basiese eetgerei en tee -en koffiemaakgeriewe. Hierdie area lei na 'n eetkamer en 'n buite braai.

Die woonstel beskik oor 'n eetkamer, sitkamer, kombuis en sonvertrek,twee slaapkamers en 'n badkamer. Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer he 'n stapelbed. Die gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas/vrieskas en koffiemaakgeriewe met basiese eetgerei. Die sitkamer is toegerus met 'n TV en gratis WiFi. Die woonstel het 'n eie braai area in die tuin.

Alle elektriese toestelle werk tydens beurtkrag, behalwe die geysers.

Die eiendom spog met 'n lieflike omheinde erf met genoeg parkering en speelplek vir kinders en troeteldiere.

Die erf beskik oor 'n dubbel motorhuis om nodige goedere in te stoor, met 'n ekstra vrieskas.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Willie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Mimosa-straat 102, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink DaGama @ Jbay het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mimosa-straat 102, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe07a7a827a8d706d9143bfc5eb7527be444b82f43070ae2e7f39f7b22a562ca22a737e14bac588edcb91cd35cbac5b9670f0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 102 Mimosa street Wavecrest 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.019090909362 24.926555296959

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang