Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Branders Woonstel No 58

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Ane N
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Asemrowend en sal definitief weer boek! Dit was bitter netjies, skoon en ons het die mooiste uitsig op die see gehad. Lekker stapafstand vanaf die winkels en aktiwiteite!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marina N
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2024

Bespreek gerus - dis 'n fantastiese woonstel. Dit was weereens heerlik, netjies, baie goed uitgerus en die kommunikasie met die eienaar is puik. Ek beveel hierdie woonstel hoog aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Erika P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2024

Heerlik gekuier, alles wat jy nodig het en meer! Het baie lekker gebly, het alles voorsien wat jy mag nodig kry. Luuks en baie netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Juan-pierre J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Beste plek om jou batterye te herlaai! Verbaas met hoe netjies en skoon die woonstel was. Alles waaraan jy kan dink, beskik die eenheid. Beslis on verwagting oortref.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Yolandy M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2024

Lekker. Baie lekker gebly, geen klagtes nie. Regtig 'n heerlike verblyf by die see.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nicolien F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Beste verblyf. Mooiste view woonstel baie mooi en goed toegerus met alles wat nodig is en nog meer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Colleen J
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2024

Loopafstand vanaf strand en wonderlike uitsig. Woonstel goed toegerus en veilig. Ongelooflik lekker gebly. Woonstel besonder netjies en alles is met moeite deurdink.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tania D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Awesome, rustig en ideale see vakansie! Baie mooi en netjiese eenheid met alles wat jy moontlik kan benodig. Kwaliteit in alles wat daar is. Dit is ons tweede jaar daar en ons sal beslis weer teruggaan. Pragtige see-uitsig en op die strand. Baie dankie, dat jy dit met ons deel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riehette S
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2023

Ons kan niks anders as net met lof praat nie. Ons was skaars by die hek en 'n oproep verder gaan die hek oop en elke ding was soos gereël reg. Ons sal jul goeie diens vir seker verkondig en vir seker weer by die De Branders Woonstel No 58 kom bly. Ek glo daar het reeds mense wat op my Facebook navraag gedoen het, julle gekontak. Rene lewer 'n fantastiese diens. Niks het gekort, alles was op tyd, reg en gereed. Die trappies is dalk nie iets wat julle aanbeveel vir mense of gesinne met kinders nie, maar ons kleinding van 3 het te oulik begin trappe klim op en af en sommer bietjie koördinasie-oefening gekry met haar kort beentjies. Dankie is 'n kort woord met baie betekenis, maar ons kan De Branders Woonstel No 58 enige tyd vir enige iemand aanbeveel in alle eerlikheid. Dankie vir goeie diens en 'n heerlike tyd wat ons in De Branders Woonstel No 58 kon tuisgaan, en 'n spesiale woord van dank aan Rene.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marleza U
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2023

Heerlik ontspan met 'n pragtige uitsig. Pragtig, rustig, met die klank van die brekende branders, was die perfekte familie-wegbreek. Als was tip-top, skoon, netjies en net 'n groot plesier. Die inverter wat TV, WiFi en ligte ondersteun, is 'n bonus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R2 200
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Paardekraal-laan, De Branders Woonstel 58, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf473f253253cf5dcf81df1ab0a62aa67433c8b642907020962ce6f67ba49b9bcc64f5c31142a17a5d50fd65342dd71dd1659?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5) 46 5 1 5 Off Paardekraal Avenue De Branders Woonstel 58 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.123693460313 22.11965739727

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang