Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Delmarei Privaat Boskamp

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!

Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *

Rewards

Kry 15% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 2-lede. Hierdie aanbod is altyd beskikbaar.

Rewards

Kry 10% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 1-lede. Beperk tot slegs 5 aanbiedinge per maand.Hierdie aanbod is altyd beskikbaar.

Prys sluit in
Delmarei Privaat Boskamp-Haak-en-Steek
Selfsorg
Kameeldoring
Rates displayed are on a self-catering basis.
Huisreëls

Rook in die eenheid is verbode. Maak asseblief gebruik van die asbakkie en vullisdrom vir die stompies. Moet asseblief nie stompies rondstrooi of in die veld gooi nie. Dis ‘n risiko vir veldbrande.

Slegs sagte musiek word toegelaat, as die bure dit kan hoor is dit te hard.

Alle oop vure moet geblus wees as dit nie onder toesig is nie. Die verblyf grens aan die Groot 5 Dinokeng Natuurreservaat en moet by hulle regulasies hou en aan dit voldoen.

Wildritte word nie op die plaas toegelaat nie.
Meeste paadjies kan benut word deur fietsry, stap of draf. Neem asseblief kennis dat daar 3 plase is wat oopgemaak is en dat gaste die ander eienaars se privaat eiendom in ag moet neem.

Die verblyf maak gebruik van septiese tenke vir die toilette. Moet asseblief geen vreemde voorwerpe of sanitêre produkte in die toilet afspoel nie. Dit sluit ook watte, servette en gesigskoonmaaklappies in. Daar word ‘n klein asblik voorsien vir die doeleinde, maak asseblief gebruik van die asblik.

Neem asseblief kennis dat wild vrylik rondloop. Moet asseblief nie hulle voer of steur nie. Onthou, dit bly wilde diere.

Neem asseblief kennis dat daar giftige slange op die plaas is. Die algemeenste is die Mosambiekse spoegkobra, wipneuskobra, boomslang, swart mamba en pofadder. Daar is ook ander slange in die omgewing. Gaste moet asb. kyk waar hulle loop en probeer om op die paadjies te bly.

Daar is spinnekoppe, bye, skerpioene, vlermuise en insekte wat in die bosveld voorkom. Gaste moet die nodige medikasie saambring vir in geval.

Die plaas het heelwat akkedisse en geitjies. Moet asseblief nie hulle seermaak nie, hulle help om die muskiete in toom te hou.

Moet asseblief nie rommelstrooi nie.

Wanneer daar skade aan die perseel, toerusting, meubels of linne is, sal dit gaste se verantwoordelikheid wees om dit te vervang.

Gaste moet asb. die eenheid oppas soos hul eie.

Die eenheid werk met sonkrag wat genoeg krag voorsien vir basiese behoeftes. Die sonpanele sal van tyd tot tyd die batterye herlaai en dan sal gaste moontlik die waaier kan hoor. Moet asseblief ook nie aan hierdie stelsel peuter nie. As gevolg van die feit dat die eenheid met sonkrag werk, is daar geen kapasiteit vir elektriese toebehore nie. Soos byvoorbeeld: verwarmers, haardroërs, haarversteilers, strykysters ens. Neem kennis dat daar geen Eskom-rugsteunkrag is nie.

Werk asseblief spaarsamig met die water, water is kosbaar.

Die eienaars van hierdie verblyf aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige beserings, verlies, skade, diefstal of ongemak veroorsaak aan gaste tydens hul verblyf nie. Die gebruik van enige geriewe of fasiliteite geskied op eie risiko. Dit word aanbeveel dat gaste hul eie waardevolle items en dokumente veilig hou en gepaste versekering verkry vir hul eiendom. Deur hierdie akkommodasie te gebruik, stem gaste in om die eienaars vry te stel van enige aansprake, eise, verliese, aksies of skade van enige aard wat mag voortspruit uit of verband hou met hul verblyf.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R628, Kloppersbos 29, Pretoria, 0001, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa71eafcab5c66ce9cb598cf10c4de473a31f64c14f6d76f1a47abef66ccbc0aec17b4e190ed66f215ec7339b5c4342f09792?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 86 5 1 5 R628 29 Kloppersbos 0001 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.454089087663 28.412193965486

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang