Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dempsey's Self-Catering Guest House

Gastehuis
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 9 Aug 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lloyd-weg 36, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Vanaf R755 R680 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dempsey's Self-Catering Guest House bied gerieflike selfsorg-vakansieverblyf in die rustige voorstad Walmer in Gqeberha (Port Elizabeth). Dit is ideaal vir alle reisigers aangesien dit sentraal geleë is en naby talle geriewe is.

Die gastehuis bied verblyf in 2 gesinskamers met slaapplek vir 4 gaste elk. Daar is ook 2 2-Enkelbedkamers en 1 Dubbelkamer wat elkeen slaapplek bied aan 2 gaste. Die eerste gesinskamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed en die tweede gesinskamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die 2-Enkelbedkamers het elkeen enkelbeddens en die Dubbelkamer natuurlik 'n dubbelbed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met of 'n stort of 'n bad en stort.

Elke eenheid het ook 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuisarea het ook 'n etenstafel waar gaste maaltye saam kan nuttig. Elke eenheid spog ook met 'n TV met OpenView-kanale en gratis WiFi.

Alle eenhede lei na 'n stoep, maar daar is geen braaigeriewe beskikbaar nie. Veilige parkeerplek is wel op die perseel beskikbaar. Die gastehuis is net 'n entjie van die lughawe, winkels, restaurante, bakkerye en kroeë af. Die strand is ook net 'n entjie se ry ver.

Kenmerke

Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Derek C
5.0
Very comfortable, well suited for my short visit. I was only there for one night, quite literally in late afternoon and out early the n...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Doné S
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was presies wat ons nodig gehad het. Dempsey se verblyf was puik. Van waar ek kontak gemaak het oor verblyf tot waar ons vertrek het. Ons omstandi...
Sien meer
Jul 2024
Craig C
5.0
Baie rustig en baie gerieflik. Dankie. Pragtige plekkie, baie gerieflik en vreeslik huislik. Alles was baie netjies en skoon en sal dit definitief aan...
Sien meer
Apr 2024
Annelie B
Besigheidsreis
5.0
Baie tevrede met die diens en algehele netheid. Baie skoon en netjies. Hulle diens is baie vriendelik. Ek kan hulle beslis aanbeveel.
Apr 2024
Anitha D
Gesin met tieners
5.0
Rustig, stil en netjies. Waarde vir geld. Ons wou vroeër inboek aangesien ons moes regmaak vir 'n troue. Kathy het uit haar pad gegaan om ons vroeër t...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Kathy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Lloyd-weg 36, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Gaste dink Dempsey's Self-Catering Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R755
R755 R680
per nag, vir 2 mense
Vanaf R755
R755 R680
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lloyd-weg 36, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3cd2e0d071dfbf2ee518be71bca250ccfdc9e4681497e07daef7facb795b774a29ffbd98cc41d65ac21cccb535bdcaac90c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R755 nouVanaf R680 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 36 Lloyd Road Walmer 6070 Oos-Kaap 021 201 8901 16:00-20:00 10:00 -33.9720825 25.590173

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang