Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Herehuis

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Herehuis is in die laat 1800's gebou deur Heer Kieser van Engeland en is twee strate vanaf die besige N1, in die stil dorp, Beaufort-Wes geleë. Dié gastehuis is ideaal geleë tussen Johannesburg en Kaapstad of George en het 'n romantiese en unieke styl in die hartjie van die Groot-Karoo.

Verblyf beskik oor 17 luukse eenhede, waarvan 6 opgeknapte en uniek versierde perdestalle is. Elke eenheid het katoenlinne, anti-allergeniese duvets en kussings, 'n yskassie, komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, WiFi, insekweerder, haardroër, seep, sneesdoekies, lugversorging en warm komberse.

Langsaan die swembad is daar 'n tuin waar kinders kan rond baljaar en 'n groot onderdakbraai-area met 'n kombuisie. Karoo-lambraaipakke is beskikbaar, mits vooraf reëlings getref is. Daar is 'n heerlike sondak-eetkamer wat Maandae tot Saterdae oop is vir ontbyt en aandete, en is bekend vir smaaklike Karoodisse en ontbyt. Bespreek asb. voor aankoms.

Die Herehuis bied veilige parkeerplek op die perseel agter geslote hekke en daar is geslotekringtelevisie. Daar word Engels en Afrikaans by die gastehuis gepraat. Rook word in die tuin en op privaat stoepe toegelaat.

Die gastehuis is net 6 km vanaf die Karoo Nasionale Park met 'n lieflike uitsig-roete en meer as 6 000 fauna- en floraspesies. Die park bied ook 'n tuiste aan 5 skilpadspesies - die meeste in enige bewarea ter wêreld. Die park het ook uitdagende 4x4-roetes in die berge, asook fietsry-, voetslaan- en fossielroetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 451 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Heike V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, aangenaam en professioneel. Ons het beslis 'n baie aangename verblyf by Die Herehuis geniet wat die akkommodasie en diens betref. Die parkeerp...
Sien meer
Nov 2024
Phillippa M
Gesin met tieners
5.0
Worth the money, excellent service. Staff were very accommodating and friendly. Supper and breakfast were super nice.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Liezel M
5.0
Very convenient stopover with a delicious meal. Exceeded expectations.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Chantell F
5.0
Perfek vir ons gesin van 5. Ons was 'n gesin van 5, die spasie was lekker ruim, die kamers was baie netjies. Ons was baie vriendelik ontmoet. Daar was...
Sien meer
Jul 2024
Mari R
Gesin met klein kinders
5.0
Vriendlik en warm. Ons het gereis met twee klein seuntjies. Die eenhede is pragtig, skoon en goed toegerus en ons het heerlik by die restaurant en ges...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ralph Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 451

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Herehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villiersstraat 15, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxZjVhMGZjLWZiMGYtNDQ2Ni05NmFkLWY4OWJlYjM2MjA5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 451 5 1 5 15 De Villiers street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.352338068822 22.586047947407

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang