Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Kussinkie

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 459 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Alet R
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Net 'n voorstel, sit ekstra komberse/linne in die kamer. Was baie netjies en gemaklik saam die kinders.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christo V
1 nag
5.0
Des 2024

Awesome lekker. Die verblyf was besonder lekker, netjies, skoon en die eienaars vreeslik vriendelik en hulpvaardig. Sal beslis dit aanbeveel vir alle reisigers. Dankie die Kussingkie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
Beste Christo, ons is baie bly dat dit vir julle lekker was hier. Opregte dank vir die vyf sterre. Voorspoedige wense, Johan en Helene

Jp V
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Netheid, gemaklikheid. Was 'n baie lekker, skoon en gemaklike blyplek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
Hallo JP, baie dankie vir die terugvoer. Aangesien dit 'n relatiewe nuwe eenheid is waar julle oornag het, is ek baie bly dat julle dit gemaklik gevind het. Dankie vir die vyf uit vyf. Groete, Johan & Helene.

Daleen D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Fantastiese gasheer en pragtige skoon plekkie. Goeie more. Ons wil net baie, baie dankie sê vir julle gasvryheid en julle pragtige plekkie. Ons sal beslis weer van julle gebruik maak as ons weer in die rigting kom. Mooi en geseënde Kersfees en nuwe jaar vir jou en jou geliefdes.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
More Daleen, dit was aangenaam om julle hier te ontvang, so julle kan maar gerus weer kom. Baie dankie vir die goeie punte. Seënwense, Johan & Helene

Mia S
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Vriendelike gasheer. Rustig. Skoon, netjies. Baie gemaklik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
Hallo Mia, baie dankie vir die mooi beskrywing van jou ondervinding by Die Kussinkie. Ons waardeer die vyf sterre opreg. Groete, Johan & Helene

Gerda K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Stil en rustig, wat mens nodig het na 'n lang pad. Ons het baie lekker gebly en sal definitief terugkom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
Beste Gerda, ons is baie bly julle het lekker gebly en julle kan gerus weer kom. Ons opregte dank vir julle vyfster terugvoer. Beste wense, Johan en Helene

Danie J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Sal my kop weer in die toekoms op hierdie kussingkie lê! Pragtige skoon plek met veilige parkering.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
Julle kan gerus weer enige tyd kom, want dis lekker vir ons om te weet julle was tevrede. Tonne dankies, Danie, vir die terugvoer. Vriendelike groete, Johan en Helene.

Andre B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Good. A good night stay!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
Hi Andre, We are glad that you had a good rest, and thanks for the full score review. Regards, Johan & Helene

Patricia N
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Alles wat jy nodig het vir 'n heerlike nagrus na 'n lang dag se reis. Die verblyf was wonderlik, ons sal beslis weer daar oornag in die toekoms. Die ontvangs was uitstekend en verwelkomend, die eenheid was netjies en skoon, en die parkering was veilig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
Baie dankie, Patricia, vir die vyfster terugvoer. Ons is baie dankbaar dat julle gerieflik was. Ons sien julle graag weer by Die Kussinkie. Vriendelike groete, Johan en Helene.

Anneke C
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Beste ervaring. Ons het heerlik oorgeslaap by die Kussinkie. Vanaf ons aankoms is ons verwelkom ontvang. Skoon en netjies. Die aircon was 'n plus. Ons sal nou elke jaar hier oornag oppad see toe. Ruim en meer as genoeg spasie. Aandag word gegee aan meer detail om ons verblyf so aangenaam moontlik te maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Die Kussinkie
Beste Anneke, baie dankie vir die goeie terugvoer. Ons is baie bly julle het Die Kussinkie geniet. Ons sien daarna uit om julle weer te huisves. Vriendelike groete, Johan en Helene

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 459

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Murray-straat 45, Hospitaalheuwel, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2c13a543135631428149275cc5743966dc400d472cf02178052c0db2db4b97d9e029036e35e43541bd3c88ae9b11aa645203?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 459 5 1 5 Murraystraat 45 Hospitaal Heuwel 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 09:00 -32.349487810791 22.60219273782

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang