Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Storie Kamer

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 80, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die Storie Kamer is 'n selfsorgeenheid in Kamieskroon, 'n klein dorpie in die middel van Namakwaland in die Noord-Kaap. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Die oopplan-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, enkelplaatstoof, broodrooster, ketel en 'n mikrogolfoond toegerus. Alle breekware, eetgerei en koffie- en teemaakgeriewe, wat filterkoffie, tee, rooibostee, melk en suiker insluit, word voorsien.

Daar is ook 'n blaasverwarmer en waaier.

Ander geriewe sluit 'n sitarea, eetkamer, boeke en braaigeriewe in. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste kan gaan stap en op die stoep met 'n uitsig oor Kardou, die ikoniese heuwel oos van Kamieskroon, ontspan.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Leefarea 1 Badkamer

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig
Verwarmer
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Trudie T
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en ontspannend. Die Storiekamer is regtig 'n baie oulike plekkie. Ons het heerlik gebly en alles wat ons nodig gehad het, was daar. Malind...
Sien meer
Sep 2024
Martienet U
Saam met lewensmaat
5.0
Die Storiekamer was 'n verfrissende verrassing na die dag se stofpaaie. Die Storiekamer is baie keurig ingerig en baie netjies en skoon. Die eienaar h...
Sien meer
Sep 2024
Anje D
Saam met vriende
5.0
Rustig, kon net ontspan. Baie lekker gebly in rustige omgewing. Baie mooi omgewing.
Sep 2024
Aletta S
Saam met vriende
5.0
Pragtige binne, skoon en netjies. Wonderlike gasvrou. Heerlik gebly. Gasvryheid puik. Netjies en skoon.
Aug 2024
Ignis M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en alles wat ons nodig gehad het. Baie lekker, rustig en stil.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Malinda Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Kerkstraat 80, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
  • Gaste dink Die Storie Kamer het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Toeganklike toilethandvatsel
Inrolstort
Badkamer sonder trappe
Slaapkamer sonder trappe
Breë ingangsdeur
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 80, Kamieskroon, 8241, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAae2397bc5b5685e48b1149b027566a79f66508a0a5bf40082eb9a6a4f85c31644f306eb061f4e1f9be7033000215e851b5d2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 80 Church Street Kamieskroon 8241 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -30.212671038214 17.933195667234

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang