Die Vlei
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fallonstraat 20, Beverley Grove, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Vlei is 'n selfsorgeenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Beverley Grove, Gqeberha (Port Elizabeth). Die eenheid is sowat 11 km van Chief Dawid Stuurman Internasionale Lughawe af. Dié moderne verblyf het 'n rugsteunkragstelsel en word dus nie deur beurtkrag geaffekteer nie.
Die oopplan-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer en 'n kombuisie. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gehalte-linne en -badhanddoeke word voorsien. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, broodrooster, yskassie, eetgerei en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel met sitplek vir 2 geniet en voor die TV met Netflix, DStv en YouTube ontspan. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Buite is daar 'n tafel waar gaste 'n koppie koffie kan geniet. Die erf het 'n elektriese heining, sekuriteitskameras en veilige parkeerplek.
Die eenheid is naby verskeie besienswaardighede soos Sardiniabaai, Bay West Mall, Walker Drive
Winkelsentrum, Sunridge Village en Kabega Sentrum met 'n verskeidenheid winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Katrinka Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Fallonstraat 20, Beverley Grove, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Gaste dink Die Vlei het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fallonstraat 20, Beverley Grove, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap