Sonja, ons is regtig jammer om op so formele platform te verneem dat jy nie gelukkig was met die akkommodasie nie. Ons sou dit waardeer as julle eerder tydens een van die vele kere wat ons navraag gedoen het of alles reg is, en ons selfs aangebied om julle beddegoed te was of te vervang, julle toe eerder misnoë met ons gedeel het.
Nie te min, geen van ons vorige gaste het enige klagtes gehad nie, dus dink ons ook nie die beskrywing is so misleidend as wat u nou maak nie. Selfsorg is baie duidelik gestel op die platform.
Ons verstaan ook glad nie hoe julle privaatheid enigsins geskend is nie, aangesien dit selfs vir ons n baie hoë prioriteit is.
Julle het geensins nodig gehad om deur die braai area te stap nie. U het versoek om addisionele fasiliteite van die eienaar te gebruik, wat ons gratis voorsien het, wat dit ongelukkig nodig gemaak het dat julle deur 'n deel van die gedeelde eiendom moet gaan om van sodanige addisionele fasiliteite te gebruik. Die direkte toegang, via die trappe op na die woonstel is direk van die parkering en gaan langs die gedeelde braai area verby.
Soos reeds genoem, die woonstel word bemark as selfsorg, en dit is regtig jammer dat dit nie aan julle vereistes voldoen het nie. Ons kan nie kommentaar lewer oor jul vroeër vertrek nie, aangesien die redes duister is.
Nie te min, baie dankie vir u bespreking en terugvoer. Dit sal sekerlik meer inligting aan toekomstige potensiële huurders verskaf.