Doringpoort: Delagoadoring
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Kry 20% af vir verblyf wat 12 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Kry 15% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 2-lede. Hierdie aanbod is altyd beskikbaar.
Kry 10% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 1-lede. Hierdie aanbod is altyd beskikbaar.
Kry 15% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Prys sluit in
- Selfsorg.
Huisreëls
Kinderbeleid:
Kinders tussen 0 en 6 jaar betaal R100.
Kinders tussen 7 en 12 jaar betaal R250.
Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Weens Covid19 sal Die Grot en Die Ossewa Restaurant tydelik onbeskikbaar wees, maar die instansie bied steeds etes wat direk by die eenheid afgelaai kan word. Dit sluit ontbyt en aandete in en dit moet vooraf gereël word.
'n Wasgoeddiens is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Die instansie doen inkopies vir gaste teen R150 per inkopieversoek. E-pos jou inkopielys 72 uur voor die tyd.
Doringpoort bied 'n toerdiens wat alle aktiwiteite in en om die Krugerwildtuin kan reël, afhangend van beskikbaarheid. Gaste word aangeraai om hul dagbesoeke en doendinge in die Krugerwildtuin gedurende spitstye vooraf te bespreek.
Daar is ook 'n gerieflikheidswinkel vir basiese items op die perseel. Daar is ys, hout, houtskool, vuuraanstekers, water, braaipakke, varsgebakte beskuit, koffiekapsules, koffiebone en vars seisoenale produkte. 'n Dompelkoffiepot word in al die kamers voorsien.
Die kombuisie is ten volle toegerus met al die nodigstes. Sou gaste dit verkies, kan hulle hul eie groot potte en koffiemasjien saambring. Gebruik asb. vir toebehore in die eenhede mooi.
Al die items wat vermis of gebreek word sal op die rekening aangedui word en moet voor gaste vertrek betaal word. Die personeel sal dus voordat gaste vertrek die eenheid deurgaan. Indien gaste vroeg vertrek, behou die instansie die reg voor om 'n rekening uit te reik vir vermiste of beskadigde items.
R500 word gehef in die geval van verlore sleutels of sleutels wat nie terugbesorg word nie aangesien die slot verander moet word.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moddervislaan 1621, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang