Drakenzicht Main House
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Champagne Valley, Driefontein 1389, Erfdeel 69, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R8 625 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Drakenzicht Main House is 'n selfsorghuis in die pragtige, natuurlike omgewing van die uKhahlamba Drakensberge, 'n bekende Wêrelderfenisgebied wat bydra tot die kenmerkende natuurlike en kuturele waarde van die area. Dit is op 20 hektaar se grond geleë en die kothuis bied 'n onbelemmerde uitsig. Gaste word omring deur majestueuse pieke, lowerryke valleie en diverse plantegroei en dierspesies.
Die huis bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 4 smaakvolle slaapkamers met lugversorging, 3 en suite-badkamers en 2 aparte badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook omskep kan word in 2 enkelbeddens. Dié kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, dubbelwasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook opgemaak kan word as 2 enkelbeddens. Dié kamer se en suite-badkamer het 'n bad, stort en toilet. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word en gaste in hierdie slaapkamer gebruik 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens en is langs 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die solderkamer bied addisionele slaapplek met los matrasse en 'n ekstra badkamer met 'n stort en aparte toilet. Kraakvars linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis, eetarea en leefarea is ruim en het hoë plafonne en groot glasvensters sodat gaste die pragtige uitsig kan geniet. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n sentrale eiland met stoeltjies. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is beskikbaar. Die kombuis lei na 'n eetarea wat op sy beurt na 'n lieflike sitarea lei wat gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV en 'n kaggel het. Gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.
Die sitarea lei na 'n onderdakstoep wat 'n lieflike area vir kuier of ontspan is. Daar is braaigeriewe op die stoep en aan die buitewyke van die perseel en gaste word dus bederf met 'n verskeidenheid opsies vir buitekuiers in die mooi omgewing. Die stoep is ideaal vir gebruik gedurende die dag en is perfek vir 'n luilekker ontbyt, snoesige aandete of bloot vir ontspanning.
Die lowerryke grasperk bied 'n heerlike area vir pieknieks met genoeg plek vir kinders om rond te hardloop. Daar is groot bome wat skadu bied op luilekker middae en die tuin spog ook met 'n verskeidenheid voëls en blomme regdeur die jaar.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Willemien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Champagne Valley, Driefontein 1389, Erfdeel 69, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Drakenzicht Main House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Champagne Valley, Driefontein 1389, Erfdeel 69, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang