Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

DuykersRus

Selfsorg

Resensies

2.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
5.0
Ligging
1.0
Waarde vir geld
1.0
Diens
2.0
Veiligheid
5.0
Carol-anne V
Kort verblyf
2.8
Aug 2022

Ons het baie lekker gekuier ten spyte van die 'n paar struikelblokke. Die agent wat die verblyf vir ons gereël het, het nie die bespreking behoorlik oorgedra aan die eienaar van die eiendom nie. Toe ons daar aankom het hulle nie geweet van die bespreking nie en hulle was nie gereed om ons te ontvang nie. Dit was baie ongerieflik, ons het ver gery en almal het die badkamer nodig gehad. Toe ons uiteindelik kon inteken toe het hulle goed aandag gegee and netheid. Die plekkies was mooi skoon, die lakens spier wit en als binne is goed versorg. Maar. Die advertensie op die webtuiste gee nie werklik 'n ware beeld van waar die verblyf geleë is nie. Ek het dadelik verlief geraak op die foto's op die webwerf. Die idee dat ons op 'n plaas gaan wees in die middel van nêrens was baie aantreklik, maar die waarheid is iets heel anders. Hulle het beslis 'n baie goeie fotograaf gehad. Jy is nie in die middel van nêrens op 'n plaas nie soos wat die foto's aan jou verkoop nie. Daar is 'n kompleks met groot huise tussen jou en die see en daar 'n draadheining om die kompleks wat jou voorkom om by die see uit te kom. Die huisies is baie klein, maar goed genoeg toegerus vir 'n naweek weg. Hout word ingesluit en Piet (die eienaar) was baie gaaf en 'n goeie gasheer. Die dubbelbeddens is gerieflik, maar die slaapbanke het beslis 'n upgrade nodig. Om DuykersRus en Uilsnes te verkoop as huise wat slaapplek het vir 4 gee mens die verkeerde idee en dat elke huisie geskik is vir 2 paartjies. Dit is nie, die slaapkamers het nie deure nie, wat dit selfs moeilik maak vir 'n huisgesin met tieners. Dis nou weer een van daai gevalle waar hulle soveel mense as moontlik inpas sodat hulle die prys kan verhoog. Nie enige van die huisies is werklik geskik vir meer as 2 mense nie. 'n Paartjie met 1 kind kan moontlik werk. Tolbossie se glasdeur maak nie mooi toe nie en terwyl ons daar was het dit ingereën. As mens al hierdie dinge in ag neem, is die plek nie goeie waarde vir geld nie, veral aangesien daar baie ander plekke in die omgewing is wat beter waarde bied.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
1.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0
Sune
DuykersRus
Hi Daar, Daar was 'n klein kommunikasie glipsie van my kant af (die agent). Ek het dit wel genoem aan die gaste en hulle is gevra om onmiddelik terug te kom. As jy die location van die Gasteplaas gaan kyk op google asook die kaart van Lekkerslaap sal jy sien dat dit nie in die middel van nerens is nie, en reg langs die Cape St Martin Privaat Natuur Reservaat. Jy kan ook die huise op die fotos sien. Die huise is ook nie op die plaas tussen ou nie, maar op die ontwikkel langs aan die plaas. Die fotos is baie mooi, baie dankie. Ek het hulle sommer met my selfoon geneem. Die beskrywing van die eenhede se dat hulle 1 slaapkamer eenhede is met 1 dubbel bed en 'n slaap bank. Dit word uitdruklik genoem sodat gaste weet wat daar is. Jammer as julle verblyf so ongerieflik was. Groete, Sune

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Sune Geverifieer

Eiendomme 18

Resensies 124

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R1 150
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Duykereiland Plaas, Britanniabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2914c9e00ea1d5c640381cb32b3695fc0275bd49e2d7957f387579fcc39cf50f068a49295222179cd4a705027ad674d37368?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 4 mense 1 5 1 3 Duykereiland Farm Britannia Bay 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.721082902867 17.925400364564

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang