Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eagle's Nest

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middelstraat 56, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

The Eagle's Nest verwelkom jou met ope arms na die wonderlike dorpie, Graaff-Reinet. In dié geskiedkundige dorp vol kultuur en plattelandse gasvryheid sal jy lekker kan rus, maar ook met tipiese Karoo-gasvryheid bederf word. Tog bied ons aan al ons gaste totale privaatheid.

Twee van die 3 eenhede bied slaapplek aan 2 gaste en het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Alle eenhede het volledig toegeruste kombuisies, lugversorging, 'n TV met DStv, privaat ingange, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die verblyf is stapafstand van skole, plekke met geskiedkundige waarde en museums. Daar is veilige parkeerplek op die perseel agter afstandbeheerde hekke en daar is ook 'n skoonheidsalon op die perseel.

Daar is sonpanele op die perseel en die verblyf word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Skoonheidskliniek
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Elmien K
5.0
Vriendelik en uitstaande diens. Uitstekende ontvangs en vriendelike diens. Kamer is baie goed ingerig.
Sep 2024
Karen C
Gesin met tieners
5.0
Was rustig en het dit geniet. Baie oulik ingerig en net wat mens nodig het. Netjies en skoon binne. Ingerig met die nodige en ook privaat en stil en s...
Sien meer
Des 2023
Lucille F
Saam met lewensmaat
5.0
Maklike inklok- en uitklokmetode. Lekker onderdakbankies en tafels met potplantjie op elke tafel. Goeie kommunikasie met eienares. Baie geniet.
Jul 2023
Linsa B
4.8
Rustige, veilige slaapplek met baie vriendelike ontvangs. Al wat gepla het is dat ek nie warm water kon kry om te stort die oggend van vertrek nie. Ek...
Sien meer
Jan 2023
Jennie V
Besigheidsreis
4.6
Extremely helpful host, well equipped and very spacious. The daily cleaning service was an unexpected bonus.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Antoinette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Middelstraat 56, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Eagle's Nest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Middelstraat 56, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7184f4f132b1d156c858c8602383a9b0e4687c60be55495826d4ff58424bd8e9f7a12cc5bc78175dc9e8abd4d3957c7491da?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 48 5 1 5 56 Middel Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.255231698874 24.532359656858

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang