Eastcliff Cottage
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Sep 2024 tot 30 Sep 2024.
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mitchell-straat 31, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 300R975 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Eastcliff Cottage is deel van 'n oorspronklike huis in Hermanus wat in 1940 gebou is en nog met 'n pragtige dennehoutvloer en -plafon spog. Dié kusdorpie skuil tussen die berge en die see. Die kothuis is in die hartjie van die buurt, Eastcliff, en is afgeleë, veilig en romanties met 'n titseltjie luuksheid. Gaste kan vanaf die kothuis na die middedorp en seefront stap.
Hierdie unieke selfsorg-eenheid het slaapplek vir 2 gaste. Die ruim, oopplan-leefarea het 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Franse deure lei na 'n houtdek met 'n uitsig oor 'n woudagtige tuin met volop voëllewe. Die badkamer het 'n Victoriaanse bad en 'n instapstort en daar is 'n klein, goed toegeruste kombuis met graniettoonbanke.
Luukse perkallinne, katoenhanddoeke, komplimentêre tee en koffie, sekere DStv-kanale en WiFi word voorsien. Daar is 'n draagbare braai en veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Ruth Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Mitchell-straat 31, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Eastcliff Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mitchell-straat 31, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang