Eden on the Bay 211
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sir David Baird-rylaan & Otto du Plessis-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R3 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Eden on the Bay 211 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, 'n woonbuurt met 'n pragtige uitsig op Tafelberg en is die perfekte plek vir gaste wat Kaapstad of die omliggende omgewing besoek. Die goue strand is ideaal vir watersport soos seilplankry en vlieërbranderry. Ander doendinge in die omgewing sluit in vierwielmotorfietsry en voetslaanroetes.
Eden on the Bay is 'n leefstylkompleks wat oor die Big Bay-strand uitkyk en 'n lieflike uitsig op Tafelberg het. Die kompleks bied ook restaurante, kitskos-restaurante en verskeie ander winkels.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die solderkamer het lessenaarspasie en 2 rusbanke wat omskep kan word in slaapbanke vir kinders.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met sitplek. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv-kanale en gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n lieflike balkon wat 'n etenstafel het met sitplek vir 6, 'n sonstoel en gasbraaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sabine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Sir David Baird-rylaan & Otto du Plessis-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Eden on the Bay 211 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sir David Baird-rylaan & Otto du Plessis-rylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap