Eland House
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Main-laan 207, Ferndale, Randburg, 2194, Gauteng
- Vanaf R6 300 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Eland House is op die perseel van Sportpro SA Lodge and Accommodation geleë. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf in Ferndale, Randburg en is die ideale opsie vir 'n wegbreek.
Dié huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die ander 4 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens, waarvan een 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort, bad en 'n wasbak het. Die eenheid het ook 1 gastebadkamer wat 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Elke kamer het 'n slim-TV en gratis WiFi.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel en 'n broodrooster toegerus is.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad, gimnasium en 'n sportveld.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Ligging
- Main-laan 207, Ferndale, Randburg, 2194, Gauteng
Sien meer verblyf in Ferndale Sandton Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Main-laan 207, Ferndale, Randburg, 2194, Gauteng