Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ellie Blue

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Straat 285, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ellie Blue is in Voëlklip, Hermanus, geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en kan tot 6 gaste op 'n slag akkommodeer. Al 3 slaapkamers is op die boonste vloer geleë, 2 van die kamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die ander slaapkamer 'n dubbelbed het. Daar is 1 badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet bo.

Daar is 2 beddens in die vermaakarea onder wat geskik is vir 2 kinders. Die vermaakarea sluit 'n snoekertafel en 'n TV met sekere DStv-kanale in. Op die onderste verdieping is daar nog 'n badkamer met 'n stort.

Op die boonste vlak is daar 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser beskikbaar. Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n TV. 'n Battery is beskikbaar vir die WiFi en TV tydens beurtkrag. Die eetarea het oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Daar is lieflike braaigeriewe beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf. Daar is ook 'n buitestort om die sand af te spoel na 'n dag op die strand. Daar is 'n tafeltennistafel en veerpyltjiebord in die motorhuis. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Neem asseblief kennis dat die eiendom nie omhein is nie. Daar is diefwering op die vensters van die onderste verdieping sowel as op die kombuisvenster.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xKinderbed vir 1
Badkamer 1

Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

ELMARIE Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 5de Straat 285, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ellie Blue het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Straat 285, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAef3f12a4ce40716a74533984b33835e0c42334a71e1ca3bfa7cc6b45771565aeb29f9f3233b04b18167946d437dd74ab4608?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 285 5th Street Voëlklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.411109630055 19.296665806417

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang