Emden Bass
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 60 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R26, Emden-plaas, Fouriesburg, 9730, Vrystaat
- Vanaf R500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Emden Bass is 'n bekoorlike plaashuis op 'n plaas en bied gerieflike selfsorgverblyf omring deur die pragtige Witteberg-, Rooiberg- en Malutibergreeks. Die plaas is sowat 19 km vanaf die Vrystaatse dorpie Fouriesburg geleë waarvan 12 km hiervan grondpad is. Emden is net 'n kort motorrit vanaf die Caledonspoort-grenspos in Lesotho.
Daar is 3 eenhede, naamlik die Hoofhuis, Die Melkstal en die kampterrein.
Die hoofhuis het 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Daar is elektriese komberse en muurverwarmers beskikbaar. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Die kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, stofie, ketel, koffiemasjien, rooster, eetgerei en breekware. Daar is 'n sit- en eetkamer by die buitebraai met 'n wasbak vir skottelgoed, asook 'n swembad beskikbaar vir gaste om te benut.
Die Melkstal het slaapplek vir 14 gaste en is ideaal vir 'n groot groep vriende of familie. Daar is 14 enkelbeddens en linne en handdoeke word voorsien. Die 2 badkamers het storte en 3 toilette. Die kombuis is toegerus vir selfsorgdoeleindes en het 'n ketel, mikrogolfoond, stofie, broodrooster, yskas, eetgerei en breekware. Braaigeriewe en gasverwarmers is beskikbaar. 'n Groot eetkamertafel bied 'n gesellige kuier-area. Buite is daar sandsteentafeltjies met sambrele, waaronder gaste kan ontspan. Daar is 'n groot braai- en vuurmaakarea.
Baarsvang is 'n kampeerterrein en het 'n gemeenskaplike buite-opwasarea en elektriese kragpunte. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Gaste kan lekker in die swembad afkoel of gaan visvang, voetslaan, fietsry, sterrekyk, die plaas-aktiwiteite dophou. Besienswaardighede in die omgewing sluit Meiringskloof-natuurreservaat, Afriski en Maluti-toere in Clarens, voetslaanroetes en Ventersberg Stables in. Fouriesburg het gehalte-restaurante, soos Die Plaasstoep, Country Inn, Windmill Pub en Grill en Jen Lee's en Dorety sentrum bied pragtige geskenkwinkeltjies.
Die verblyf word deur sonkrag aangedryf en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Anzelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R26, Emden-plaas, Fouriesburg, 9730, Vrystaat
- Gaste dink Emden Bass het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Oos-Vrystaatse Hooglande Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 60 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R26, Emden-plaas, Fouriesburg, 9730, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang