Emilie's Garden Home
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Luytstraat 35, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Emilie's Garden Home is 'n privaat en veilige selfsorgkothuis in die mooi en spoggerige voorstad Eastcliff in Hermanus. Hierdie huis is in die vroeë 1970's gebou en is al vir 3 generasies in dieselfde familie. Die huis is opgeknap maar die oorspronklike Oregon Pine-vloere, -deure, en 'n lieflike kaggel is behou.
Die huis bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Hierdie kamer het ook 'n ou staldeur wat lei na die tuin. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 'n geelkoper-dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die leefrea het Coricraft-rusbanke, verskeie leunstoele, 'n kaggel, platskerm-TV met Netflix, en gratis optiesevesel-internet. Die Franse deure lei na dien inheemse, waterslim tuin. Die ruim eetarea het 'n groot tafel met 6 stoele en 'n Welsh-kombuiskas, en dit lei na 'n kombuis wat met 'n Bosch-yskas en -vrieskas, Smeg-gasstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n elektriese braaipan toegerus is. Daar is 'n aparte opwasarea wat 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër het.
Die huis het 'n stoep wat reg rondom die huis strek met buitemeubels, sitplek en braaigeriewe. Die huis is baie kindervriendelik met 'n groot klimraam in die tuin. Ouers kan op die bankie op die stoep ontspan en heerlik braai terwyl die kinders op die klimraam of in die tuin speel.
Hierdie bekoorlike, ouer huis in Hermanus is stapafstand vanaf die Old Town-sentrum en die seefront. Dit is ongeveer 7 minute se stap vanaf die Marine-getypoel, die Ou Hawe en die gewilde Hermanus-rotspaaie. Al die Hermanus-strande en die strandmeer is in Voëlklip en dit is net 7 km weg. Hoyskoppie en Fernkloof Natuurreservaat is net 'n entjie weg. Gaste kan nie die Hermanus Saturday Morning Market toe stap of na The Market in Sandbaai toe ry. Hoësrkool Hermanus, Laerskool Hermanus, Generation School, sportvelde en sportklubs is almal binne stapafstand van die huis.
Die eiendom is ten volle omhein en het 'n elektriese hek. Daar is uitstekende sekeruteit met Trellidor-veilgheidshekke en gewapende reaksie. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel. Die kothuis is eko-vriendelik en maak gebruik van sonkrag, 'n gasstoof en put-besproeïng in die tuin.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Jeaneke Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 29
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Luytstraat 35, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Emilie's Garden Home het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Luytstraat 35, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang