Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Erfdeel Accommodation

Gastehuis
  • Kapasiteit: 53 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: c/o Elizabeth and Peter Pad, Kliprivier, 1457, Gauteng
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Erfdeel is geleë in Kliprivier op 'n familieplaas. Hierdie selfsorgkothuis het 2 slaapkamers en staan tussen haakdorings, soetdorings, suikerbosse en verskeie ander inheemse boomsoorte. Gaan stap lekker in die natuur, hou die voëls dop of koel af in ons swembadjie.

Die een slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 stapelbeddens. Verder is daar 'n badkamer met 'n stort, bad en toilet. Die kombuis is volledig toegerus met 'n vrieskas/yskas, tweeplaatstoof, mikrogolf en ander toebehore. Daar is ook 'n stoepie met uitsigte oor die tuin. En linne en badhanddoeke word voorsien.

Erfdeel bied ook verblyf vir groepe in 12 kamers: minimum 35 en maksimum 84. Groepe maak gebruik van moderne ablusiegeriewe en die lesingsaal is geleë op 'n pragtige plek tussen haakdoringbome. Etes word met liefde en sorg voorberei en word, safari-styl, genuttig in ons "Eetkamertent". 'n Staproete wat uitgelê is volgens Jesus se lewe, soos beskryf deur die Evangelie van Mattheus, is ook beskikbaar.

Gastekamer 1 is geskik vir 1 gas en het 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Staan verstom voor die sonsondergang terwyl jy luister hoe die tarentale in die verte roep. Of raak rustig langs die kampvuur met die klank van jakkalse in die agtergrond.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • c/o Elizabeth and Peter Pad, Kliprivier, 1457, Gauteng
  • Gaste dink Erfdeel Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 53 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: c/o Elizabeth and Peter Pad, Kliprivier, 1457, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZlOGJjNzZiLTU4YjctNDk3Yy1hMDA4LTBmOGExNTBlYWNlNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 c/o Elizabeth and Peter Road Kliprivier 1457 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -26.428702568564 28.01830099339

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang