Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

EuZelle Gastekamers

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Zyl-straat 33, Bloemfontein, 9321, Vrystaat
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

EuZelle Gastekamers bied knus oornagverblyf in privaat tuineenhede wat op die eienaar se eiendom in Bloemfontein geleë is. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel sowel as hul eie ingang.

Verblyf word in 4 eenhede gebied wat elk 2 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Elke eenheid beskik oor 'n slaaparea, 'n badkamer en 'n sitarea met 'n kombuisie. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuisies is toegerus met yskassies, mikrogolwe, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe met komplimentêre beskuit. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Troeteldiere word slegs in eenhede 3 en 4 toegelaat. Geen troeteldiere in eenhede 1 en 2 nie.

Sommige van die eenhede het slaapplek vir 4 gaste (2 kinders en 2 volwassenes). Kinders word geakkommodeer teen R300 ekstra per kind. Reëlings moet vooraf getref word sodat die eenhede daarvolgens voorberei kan word.

Die ligging van hierdie verblyf is 4 km vanaf Mimosa Mall, die Waterfront en Medi Clinic en Rosepark Hospitaal, sowat 1,2 km vanaf die Universiteit van die Vrystaat en sowat 4 km vanaf die N1.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 89 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Christo B
Saam met lewensmaat
5.0
Dis 'n baie lekker gastehuis, baie netjies en 'n baie rustige omgewing. Dit was 'n baie lekker plek gewees, vriendelike diens en 'n baie rustige omgew...
Sien meer
Feb 2025
Judy S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Zelda is vriendelik en gasvry, kamers is pragtig ingerig. Baie veilig en stil omgewing.
Jan 2025
Sinette M
Saam met lewensmaat
5.0
N kort kuier maar baie gasvry en vriendelik, always going the extra mile. Ons het leer bly, dankie.
Jan 2025
Carol C
Saam met lewensmaat
5.0
Very pleasant guest house. Zelda was very friendly. They say the little things matter, and Zelda had some nice little touches that made...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Le-anne J
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect. Wonderful. Thanks for a lovely stay. It was quiet, neat, and the many treats made us feel so welcome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Zelda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 89

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Van Zyl-straat 33, Bloemfontein, 9321, Vrystaat
  • Gaste dink EuZelle Gastekamers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Zyl-straat 33, Bloemfontein, 9321, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa2e3d10795be4a2ccc5d3a5e37f94273dda6c1b759e8c24f7ab76d9f4f2550fa86316c4bd81bb07f4a03e0443ae4f660e4ba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 89 5 1 5 33 Van Zyl Street Bloemfontein 9321 Vrystaat 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -29.124878435042 26.183061089435

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang