Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Evergreen River Guest Farm

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Stella S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Amazing! Beautiful! Peaceful! En net lekker! Ek en my man wou wegbreek vir 'n naweek en Evergreen was perfek! Ons het so lekker gebly en dis so mooi en rustig! Mens voel weer lus vir die lewe nadat jy 'n naweek daar was. Lynnie en Rob is amazing mense en so vriendelik en inviting! Volgende keer vat ons die hele familie saam!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynn
Evergreen River Guest Farm
Hi Stella. Dit was gaaf om julle te ontmoet en dankie vir julle warmte ook. Ons is baie bly dat julle ons plekkie en Star Gazer geniet. Sal wonderlik wees om julle weer te verwelkom. Wees veilig en Evergreen groete Rob en Lynnie

Suemari D
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Bosveld vuurtjie, familie en vrede wat meer kan mens vra. Pragtige plekkie in die hart van die Marico bosveld, met alles wat jy kan nodig kry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karen J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Baie lekker, gasvrou duisend baie welkom gevoel. Hulle doen baie moeite. Baie lekker gebly. Pragtige plek, baie goed uitgesien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynn
Evergreen River Guest Farm
Hallo Karen. Dit was goed om julle te ontmoet. Jammer dit was so 'n kort besoek, maar bly julle het die Firefly Kothuis geniet. Mooi bly. Evergreen groete, Rob en Lynnie

Chantelle J
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Nov 2023

Rustige, netjiese en vriendelike omgewing. Netjiese, veilige plaas met baie vriendelike diens. Baie lekker gerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynn
Evergreen River Guest Farm
Hi Chantelle. Baie dankie vir jou resensie en dat julle by ons kom bly het. Altyd goed om te weet dat gaste die plaas geniet asook ons natuur en stilte. Veilig wees en mooi bly. Evergreen groete, Rob en Lynnie.

Annamarie G
Kort verblyf
5.0
Jul 2023

Rustige, beeldskone bosveld. Sal beslis aanbeveel. Lieflike eenheid met alles wat jy kan nodig hê.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynn
Evergreen River Guest Farm
Hi Annamarie Dankie vir jou resensie en dit was wonderlik om jou te ontmoet. Dankie vir die lekker gesels en kom kuier asseblief weer wanneer daar 'n geleentheid is. Veilig wees. Evergreen groete, Rob en Lynnie Kriel

Martin V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

Super rustig langs die rivier. Reëlings en kommunikasie met eienaars was gemaklik en effektief. Star Gazer was goed toegerus en in lyn met beskrywings. Juweel in die natuurskoon en familie kon 'reconnect' weg van die connected lewe. Eienaars was vriendelik en het uitstekend na ons omgesien. Sal definitief weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Enel V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Apr 2023

Ontspan heerlik in die natuur. Privaat, rustige skoon eenheid met pragtige uitsigte. Die kothuis is toegerus met alles wat jy mag nodig kan hê. Skoon en stylvol! Pragtige uitsig oor die bos en op die berg vanaf lekker groot stoep met ingeboude braai. Daar is ook 'n vuurmaakplek/put waar jy groot bonfires kan maak. Private plonspoel vir warm dae. Die buitestort het ‘n lieflike uitsig. Die huisie het 2 slaapkamers en nog 2 beddens in sitkamer. Slaap 6. Dit is baie privaat en ver van ander mense op plaas. Bitter min selfoonopvangs. Daar is nie baie om op die plaas of dorp te doen nie, maar mens ontspan heerlik in die natuur. Stappie rivier toe is naby. Mens stap die hele plaas in 30 minute. Marico dorp is maar vervalle en baie elementêr. Marico Oog is interessant - vat snorkeltoerusting! So 30 km se ry uit en jy kan ook piekniek of braai onder bome. As jy ordentlik wil ontspan, rondlê, braai, in die swembad plons en lees in die stylvolle cottage of op die heerlike stoep sal ek Evergreen aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Lynn
Evergreen River Guest Farm
Hi Enel Baie dankie vir jou gedetailleerde resensie en die duime op aanbeveling vir verblyf by ons. Hoop om julle weer eendag te sien. Veilig wees. Evergreen groete, Rob en Lynnie Kriel

Hélanie J
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2022

Lafenis vir die siel. Lynnie en Rob het ons vriendelik verwelkom! Al die geriewe word uitstekend instandgehou. Ons chalet was gerieflik en goed toegerus. 'n Pluspunt is dat dit dierevriendelik is en my skoothondjie kon saamgaan. Die natuurskoon is pragtig en ons kon lekker rus en ontspan. Ons sal beslis weer daar gaan kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynn
Evergreen River Guest Farm
Hi Helanie Ons is baie bly dat julle hulle verblyf hier by ons geniet het. Sal wonderlik wees om julle weer te sien. Veilig wees. Evergreen groete Rob en Lynnie Kriel

Victor B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2022

Wonderlik rustig. Wat 'n lieflike naweek saam my gesin. Baie dankie vir die suurlemoene.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynn
Evergreen River Guest Farm
Hi Victor en gesin So bly dat julle die naweek op Evergreen geniet het. Mooi bly. Evergreen groete Rob en Lynnie Kriel

Dolf V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2022

Baie rustige bosveld naweek. Evergreen het beslis aandag gegee aan die fynere detail. Die Stargazer kothuis was behoorlik ingerig, ons kon lekker braai en kosmaak en het niks geskort nie. Die hele plaas is baie netjies en die gashere vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Lynn Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 50

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas GM11K, Koedoesfontein/Twyfelpoort-weg, Erfdeel 106 of Plaas 291, Groot Marico, 2850, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEyZDBjYmU5LTMxYWEtNDJjMy05ZjFlLTM2ZTRjM2MyMzAzMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 48 5 1 5 Farm GM11K, Koedoesfontein/Twyfelpoort Road Portion 106 of Farm 291 2850 Noordwes 021 201 8901 13:00-14:00 10:00 -25.659542 26.439254

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang