Fairview Escape
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Fairview-plaas, Misgund, 6440, Oos-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Fairview Escape is op 'n vreedsame plaas in Misgund op Roete 62. Dié plaas bied 'n uitsig oor appelboorde en die pragtige landskap tussen die Kouga- en Tsitsikammaberge.
Dié selfsorg gastehuis bied slaapplek in 3 kamers, waarvan 1 'n dubbelkamer is en die ander 2 kamers saam die gesinskamer vorm. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis, sitkamer, eetarea en patio met braaigeriewe.
Die gastehuis het 'n sekuriteitsheining en afstandbeheerhek.
Die plaas is 230 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth), 140 km vanaf George, 43 km van Uniondale af en 36 km vanaf Joubertina.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Fairview-plaas, Misgund, 6440, Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Fairview-plaas, Misgund, 6440, Oos-Kaap